kategorieë: KosMaklik en vinnig

Twee blitsidees met koejawels

Koejawels kom oorspronklik uit die trope van Suid-Amerika en is een van ons lekkerste laatwintervrugte. Genoeg van die vrug in jou dieet sorg vir ’n gesonde vel en gestel. Dit bevat, per gewig, vyf keer meer vitamien C as lemoene en is ook ryk aan kalium wat bloeddruk reguleer. Selfs die geblikte soort is steeds hoog in vitamien C en boonop heeljaar op ons rakke. Die geel skilletjie kan soms ’n bietjie bitter wees, maar word deur die soet koraalpienk vlees oorheers.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Koejawels se geurpasmaats

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Gerookte en geroosterde vark, bloukaas, basiliekruid, tiemie, kerrie, roomkaas, appel en peer, brandrissie, sjerrie, asyn, gemmer, klapper en klappermelk, heuning, kaneel, anys, kardemom, swartpeper, vanielje.

2 blitsidees met hierdie lekker vrug:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Koejawelpuree

Gooi 1 x 410 g-blik koejawels (dreineer en behou die stroop) en 2 cm gerasperde vars gemmer in ’n houer en verpulp met ’n stokmenger. Verdun die koejawelpuree met van die stroop wat jy eenkant gehou het, indien nodig. Skep in ’n glashouer en hou in die yskas. Skep lepels vol oor jogurt vir ontbyt, of oor roomys as nagereg.

Heuningkoejawels-en-spek-slaai

Genoeg vir 4
Verhit 10 ml olyfolie in ’n pan en braai 2 dik repe spek, in stukkies gesny, oor matige hitte tot bros. Skep uit en hou eenkant. Smelt 10 ml botter in dieselfde pan en braai 4 koejawels, geskil en in kwarte gesny, vir sowat 3 min. aan elke kant daarin tot goudbruin. Drup 15 ml heuning oor terwyl die koejawels braai. Pak 125 g gekrummelde bloukaas en ’n hand vol kruieblare soos basiliekruid en bronkors op ’n bord en rangskik die koejawels en spekblokkies bo-op. Meng 30 ml (2 e) balsemiekasyn, 10 ml (2 t) heuning, 60 ml (¼ k) olyfolie, geur met sout en peper en sit saam met die slaai voor.

Koop só

Koop geelgroen vrugte sonder kneusplekke wat net-net ryp begin word en nie meer so baie ferm is nie. Volg jou neus met die koopslag, sommige variëteite se skilletjie bly groen – hoe skerper die geur hoe soeter die vrug.

Bêre só

Hou die tropiese vrug op ’n rak in ’n warmer vertrek tot dit ryp word. Ryp vrugte met hul sterk geur kan in die yskas gehou word. Skil en kook liggies in ’n suikerstroop indien jy die vrugte wil vries.

Maak só

Die skilletjie is bitter en kan afgeskil word voor die vrugte in suikerstroop ingemaak word. Sny middeldeur en skep liefs die harde pitte uit indien die vrug in ’n bredie gebruik gaan word, of vryf die pulp deur ’n sif om die pitte te verwyder.

Gebruik só

Koejawels word gewoonlik met soet geregte geassosieer maar waag ’n bietjie en gebruik hulle ’n keer in sout geregte as marinade vir gerookte varkribbetjies, of saam met skerp kase.

Lees ook: 2 blitsidees met tiemie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Voel jou tiener eensaam?

Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?

1 day Gelede

Spaanse chorizo-pasta

Genoeg vir 6.   Bestanddele   15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…

1 day Gelede

6 dinge wat jy nou in jou tuin moet doen om voor te berei vir die winter

Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.

1 day Gelede

ontbytSAKE vier 25 jaar!

Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…

1 day Gelede

Nuwe dokumentêre kykNET-reeks oor die geskiedenis van Afrikaans gaan jou nuwe oë en ore gee

Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Nadia Beukes oor haar eerste rol as regisseur in nuwe teaterproduksie

Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.