kategorieë: Leef gesondGesondheid

Twee aanvullers wat elke man moet neem

Twee aanvullers wat elke man moet neem deur Salomé Delport. Hooffoto: Brooke Cayles vir Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Twee aanvullers vir mans

Onthou om altyd eers met jou dokter te gesels voordat jy aanvullers neem.

Lees ook: Jaarlikse mediese toetse vir mans

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Omega-3

Almal kry tipies baie omega-6-vetsure. Balanseer dié oormaat met omega-3’s.

Lees ook: Testosteroonaanvullings vir mans – is dit iets wat jy moet oorweeg?

Magnesium

Dit is goed vir sy spiere, hart, bloeddruk en skelet. As jou man nie elke dag spinasie, piesangs, avokado’s, groenbone, soja en/of neute eet nie, kan ’n aanvuller help.

Lees ook: Raad vir erektiele disfunksie

Wat van Vitamien D?

Wat dra jou man werk toe? ’n Langmouhemp? ’n Pak? ’n Uniform? ’n Oorpak?

Eintlik maak dit nie saak nie. Die punt is maar net dat die meeste werkende mans klere dra wat hul arms en bene bedek. Boonop werk baie mans heeldag binnenshuis. Derdens werk hulle van sonop tot sononder, veral in die winter.

Lees ook: 11 maklike happies vir laer cholesterol

Die gevolg? Hulle het heeltemal te min velblootstelling aan sonlig om genoeg vitamien D te maak. Sommige opnames wys dat tot 50% van mans ’n tekort aan vitamien D het.

’n Bietjie son op sy vel oor die naweek is noodsaaklik. Daardie rondte gholf, uur op die fiets en grassny is eintlik medisyne.

Lees ook: Hoe help jy jou man om emosioneel te herstel na ’n hartaanval?

As hy nie gemiddeld tien minute per dag sonskyn op sy vel kry nie is, is ’n aanvuller ’n goeie plan. Vitamien D help sy skelet sterk hou, cholesterol en bloeddruk beheer en werk positief in op sy gemoed.

Lees ook: 7 maklike maniere om jou bloeddruk te verlaag

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

‘The Mommy Club’ se Johandri: “As dit soos hoërskooldrama voel, hou ek my afstand”

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

11 hours Gelede

Nuwe herfsspyskaart by Creation is meer as kos en wyn

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts     Creation het ook pas by die Eat…

11 hours Gelede

Koek met sjokolade en souterige karamel

Lewer 1 groot koek   Bestanddele   Karamel met sout 200 g suiker 60 ml…

12 hours Gelede

Vyf vrae aan Anna Davel oor Suidoosterfees se ‘Konsert van Hoop’

Die 22ste Suidoosterfees word ingelui deur ’n indrukwekkende konsert van populêre en klassieke musiek. Anna…

14 hours Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Kristen Raath oor ‘Niggies’ en ma-wees op skerm

Hooffoto: Stavros Cassapis   Sedert die eerste episode van Niggies op kykNET uitgesaai is, het…

15 hours Gelede

PAS BEKEND | Nuwe kykNET-reeks verken dramas en intriges van nuuskantoor

Adri Joubert was vir twee dekades die koel, kalm, gerusstellende gesig en stem van die…

18 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.