Dit betrap my heeltemal onkant. In my kop is ek reg vir goed wat rondstaan op plekke wat nie hul plekke is nie, onklaar huiswerk, die aand se skottelgoed op die kas, ’n verlate hoenderboudjie in die pot, skooltasse en skoolboeke op die tafel. In die bed ’n moeë, dankbare man, twee engele in droomland. Op my lessenaar ’n hopie ongetekende skoolbriewe, ’n lysie onklaar take, alles wat voor môreoggend moet gebeur, alles ses ure ver. Net ses ure ver.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }Dis die prentjie as ek skuins voor elf op ’n weeksaand die voordeur oopsluit na drie dae op ’n ander plek. Moeg. Skuldig. Dankbaar.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Buite die voordeur skop ek my werkskoene uit, probeer ek om die moeg van wegwerk agter my te sit. Ek weet: trap oor die drumpel met nuwe krag. Trap asof jy weg was op vakansie, trap of jy elke dag met jou voete omhoog gesit het, trap met nuwe energie. Trap . . .
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }Ek trap, so ligvoets as wat die pakkie op my skouers my toelaat.
Daar is dit toe. Goed wat rondstaan, die sin in die huiswerkboek halfpad geskryf, ’n onklaar som, drie borde op die kas, ’n verlate hoenderboudjie in die pot. Die skooltasse en skoolboeke nie waar dit moet wees nie. ’n Dankbare man, twee engele in droomland. Ongetekende skoolbriewe, die lysie halfklaar take. ’n Kombuishorlosie wat tik . . . ses, vyf, vier . . .
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Ek trap, gang-af. Bed toe. Slaap. Sien dit – ’n pienk flentertjie op die kassie langs my bed. In sewejarige skrif: “I LOVE YOU.”
Die hart tussen woorde groter as die teks. Die pakkie op my skouers val. Ligvoets hol ek, droomland toe.
Dis eers gisteraand toe die huis slaap en die blondes op kykNET my laat opkyk van André P. Brink en Ingrid Jonker se Vlam in die Sneeu wat ek begin verstaan. Karen Zoid, Juanita du Plessis. Twee vroue, twee pole. Een mond. Sing hulle:
Tussen woorde vlieg my drome reg deur die mure.
En ek weet ek is niks sonder jou . . .”
Die pienk flentertjie in my kop. Die hart tussen woorde groter as die teks.
Dis so, weet ek, net soos op die rugkant van die boek in my hand: “Maar die gedagtes en die herinnering, die verlange en die helder liefde sal bly praat lank ná die bladsy en die brief verby is.”
En lank na ek die pienk flentertjie weggegooi het.
Tot volgende week,
Marí
www.incontext.co.za
Toets 1 Ek voel emosioneel dood. Dit is asof ek my werk en my kollegas op…
Ons snork omdat ons keelweefsel pap raak. Spiere wat nie gebruik word nie raak pap…
Dit is nie altyd maklik om jou eie huis te versier nie. Ons het gaan…
Maak jou reg vir ’n onvergeetlike Namibiese 4x4-avontuur met die bekende 4x4-spesialis, André de Villiers.…
In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…
Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…
Hierdie webwerf gebruik koekies.