Tussen Ons Seisoen 3 Episode 8: Hoe om kalm te bly tydens “lockdown” deur Mariette Snyman
LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie. Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
Krediet: Aangebied en geredigeer deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks, musiek deur Mart-Marie Snyman.
Onthou, al ons podsendings is gratis en jy kan enige tyd daarna luister.
Tussen Ons Seisoen 3 Episode 8: Hoe om kalm te bly tydens “lockdown” met Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling
Die Covid-19-krisis en inperking skep angstigheid oor ons gesondheid, nabymense en finansiële oorlewing. Met dié tegnieke kan jy wegholgedagtes in toom hou, beter slaap en jou energievlakke lig.
Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling is ‘n voorligtingsielkundige en mediator van Johannesburg.
Kontakdetails: 0824604575
[email protected]
http://www.drhannetjie.co.za
@DrHannetjie
Hoe om beter te voel – kyk op pinterest
Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013) is op Amazon te koop (elektroniese weergawe)
Wenk: Insight Timer
Só kan jy Chris Collins se “binaural” meditasiemusiek op die Insight Timer-app kry:
1 Laai die gratis Insight Timer-app af op jou Google Play Store of waar jy apps aflaai, installeer dit en teken in.
2 Op die tuisblad klik jy op die Meditation-ikoon (die prentjie van oorfone) links onder.
3 Tik “binaural collins” in die soekstafie.
4 Klik op Binaural Beats onder Topics
5 ‘n Goeie wegspringplek is Blissful Healing and Sleep with Binaural Beats – rol net af, dis aan die regterkant met ‘n groen prentjie.