Tussen Ons Seisoen 3 Episode 11: Voel jy eensaam tydens die inperking? Met dr. Hannetjie van Zyl-Edeling deur Mariette Snyman
LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie. Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
Krediet: Aangebied en geredigeer deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks, musiek deur Mart-Marie Snyman.
Onthou, al ons podsendings is gratis en jy kan enige tyd daarna luister.
Tussen Ons Seisoen 3 Episode 11: Voel jy eensaam tydens die inperking? Met dr. Hannetjie van Zyl-Edeling
“Lockdown” kan soos eensame opsluiting voel, en ons verlate, magteloos en depressief laat voel, maar as jy eensaamheid beter verstaan, kan jy dit beter hanteer.
Dr. Hannetjie van Zyl-Edeling is ‘n voorligtingsielkundige en mediator van Johannesburg.
Kontakdetails: 0824604575
[email protected]
http://www.drhannetjie.co.za
@DrHannetjie
Hoe om beter te voel – kyk op pinterest
Over the Hill Moon: a Guide to Positive Ageing deur dr. Hannetjie van Zyl-Edeling (Porcupine Press, 2013) is op Amazon te koop (elektroniese weergawe)
Leer Dr. Hannetjie beter ken – klik hier
Wenk: Insight Timer
Só kan jy Chris Collins se “binaural” meditasiemusiek op die Insight Timer-app kry:
1 Laai die gratis Insight Timer-app af op jou Google Play Store of waar jy apps aflaai, installeer dit en teken in.
2 Op die tuisblad klik jy op die Meditation-ikoon (die prentjie van oorfone) links onder.
3 Tik “binaural collins” in die soekstafie.
4 Klik op Binaural Beats onder Topics
5 ‘n Goeie wegspringplek is Blissful Healing and Sleep with Binaural Beats – rol net af, dis aan die regterkant met ‘n groen prentjie.