Tussen Ons Seisoen 2 Episode5: Hoe ‘n ma haar dogter kan help om gelukkig in haar lyf te wees met dr. Melodie de Jager deur Mariette Snyman
LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie. Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
Krediet: Aangebied en geredigeer deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks, musiek deur Mart-Marie Snyman.
Tussen Ons Seisoen 2 Episode 5: Hoe ‘n ma haar dogter kan help om gelukkig in haar lyf te wees met dr. Melodie de Jager deur Mariette Snyman
Ons wil graag hê ons dogters moet gelukkig wees, maar ons eie onsekerhede en druk van die samelewing maak dit vir hulle moeilik om ‘n gesonde selfbeeld en liggaamsbeeld te ontwikkel. Dr. Melodie de Jager gee perspektief en praktiese wenke vir ma’s met dogters van enige ouderdom.
Dr. Melodie de Jager is ‘n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Kyk by www.babygym.co.za by Resources en Senses E-book vir die gratis e-boek. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; mindynamix.com; www.seniormindmoves.co.za
Ontmoet vir dr. Melodie de Jager!
As jy gehou het van Tussen Ons Seisoen 2 Episode5: Hoe ‘n ma haar dogter kan help om gelukkig in haar lyf te wees met dr. Melodie de Jager, loer hier:
Meer oor Tussen Ons
Jy is mooi nes jy is! In Tussen Ons seisoen 2 gesels rooi rose-joernalis Mariette Snyman met kundiges en inspirerende vroue oor hoe jy gelukkiger kan voel in jou lyf – ongeag jou ouderdom, agtergrond of liggaamstipe. Vir meer inligting besoek rooirose.co.za of e-pos [email protected]
Luister gerus na ons vorige seisoen van Tussen Ons, waar ons oor gelukkige verhoudings en seksuele gesondheid gesels
Het jy geweet?
Ons het nog heerlike podsendings waarna jy kan luister! Hier is wat voorlê en luister solank na die volgende:
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
#rrWenk: Jy kan gerus met oorfone luister