Pynlike seks met Dr. Jireh Serfontein: Tussen Ons: Seisoen 1, Episode 1 met Dr. Jireh Serfontein. Podsending deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }LET WEL: Hierdie episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }As jy hierdie episode geniet het, luister gerus na episode 2, waar ons gesels oor kontrasepsie
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.
Mariette Snyman gesels met Dr. Jireh Serfontein oor vroulike seksuele gesondheid en pynlike seks. Let wel die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is.
Dr Jireh Serfontein, algemene praktisyn van Pretoria wat op seksuele gesondheid fokus: admin@mysexualhealth.co.za, 012 816 8240, www.drjirehserfontein.co.za
Vir meer inligting oor pynlike seks, lees ook: Wanneer seks seer is – wat jy moet weet oor pynlike seks
Wonder jy hoe om die podsending af te laai? Klik hier vir stap-vir-stap aanwysings
Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister!
Buiten Tussen Ons, het ons die volgende podsendings:
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
Al meer tieners en jong volwassenes erken hulle is eensaam. Waarop moet ouers bedag wees?
Genoeg vir 6. Bestanddele 15 ml (1 e) olyfolie 100 g repiesspek, in…
Ons het by Julie van Deventer van Stilbaai se Busy Lizzie tuinbouklub gaan kers opsteek.
Suid-Afrika se geliefde sake- en kuierprogram, ontbytSAKE, het op 7 April ’n kwarteeu op die…
Almal wat Afrikaans praat, ken ’n storie oor waar hulle en die taal vandaan kom,…
Nadia Beukes, wat bekend vir haar veelsydige loopbaan as aktrise, stemkunstenaar en televisie-aanbieder is, het…
Hierdie webwerf gebruik koekies.