Tussen Ons Episode 14 Seksuele identiteit en vloeibaarheid met Delene van Dyk

Tussen Ons Episode 14 Seksuele identiteit en vloeibaarheid met Delene van Dyk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Delene van Dyk is ’n psigoseksuele opvoeder van Kaapstad
Mariette Snyman is ʼn bekroonde spesialis-joernalis by rooi rose.

LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie.  Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Krediet: Aangebied en geredigeer deur Mariette Snyman, vervaardig deur Hannelie Diedericks, musiek deur Mart-Marie Snyman.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Meer oor Tussen Ons Episode 14 Seksuele identiteit en vloeibaarheid met Delene van Dyk

Al word ‘n kind by geboorte as ‘n seuntjie of dogtertjie geklassifiseer, “voel” hulle nie noodwendig lewenslank soos ‘n lid van die geslag wat aan hulle toegeken is nie. Hulle tree ook nie noodwendig volgens die samelewing se verwagtinge op nie.

Delene van Dyk, is ’n psigoseksuele opvoeder (sex educator) van Kaapstad

Vir meer inligting kontak gerus vir Delene.

delene@2ndsight.co.za

083 253 5122

www.MySexualHealth.co.za

Facebook: Sex4Adults with Delene van Dyk

Delene van Dyk se Opleidingsmodel – “Binaries and Boxes, or not!”

“Binaries” dui op die wanvoorstelling dat daar altyd net twee moontlikhede is – jy is byvoorbeeld óf heteroseksueel óf gay. Vir sommige mense is die werklikheid meer kompleks.

“Boxes” wys op die “boksies” waarin ons ander mense sit, dikwels sonder om hulle te vra waar hulle reken hulle hoort.

Die vier kwadrante waarvan Delene praat:

Geslag toegeken tydens geboorte op grond van die baba se genitalieë (sex), bv: die baba het ‘n vulva of vagina en is dus ‘n dogtertjie. Hierdie óf/óf benadering laat nie ruimte vir interseks kinders nie.

Sosiale verwagtinge gekoppel aan die geslag wat tydens geboorte toegeken is (gender), bv: dis ‘n seuntjie, en daarom trek ons vir hom blou aan en leer ons hom “cowboys don’t cry.” Ons maak die aanname dat hy soos ‘n man sal voel en optree. Dit geld nie vir alle mense nie.

Seksuele oriëntasie sluit jou hele identiteit in, nie net fisieke aangetrokkenheid nie. Dit gaan oor met wie jy graag ‘n verhouding wil bou – sou dit met ‘n man wees, met ‘n vrou, of maak dit nie saak nie?

Seksuele gedrag sluit passie, begeerte en fantasie in. Dit kan in lyn wees met jou seksuele oriëntasie – of nie. Omstandighede soos ‘n prostatektomie dwing mense ook om “uit die boks” te dink.

Meer oor Tussen Ons

In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.

Nuwe episodes word elke Dinsdagoggend om 09h00 vrygestel.

As jy van Tussen Ons Episode 11 gehou het, luister gerus na ons vorige episodes van Tussen Ons:

Het jy geweet?

Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister! Dis gratis en jy kan enige tyd daarna luister.

Buiten Tussen Ons, het ons die volgende podsendings:

Tee  & Taai Toffies

Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.

Botox, Barbies en Bietse

In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!

#rrWenk: Jy kan gerus met oorfone luister

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

1 day Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.