Tussen ons: Episode 10 – Hoe jou sintuie jou sekslewe beïnvloed met Dr Melodie de Jager
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
LET WEL: Die episode bevat inligting wat vir volwassenes bedoel is en is nie gepas vir kinders nie. Klik op die speelknoppie om na die episode te luister:
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Mariette gesels met dr. Melodie de Jager oor hoe jou sintuie jou sekslewe beïnvloed
Dr. Melodie de Jager is ‘n ontwikkelingskenner van Johannesburg en die stigter van die BabyGym Institute International en MindMoves Institute International. Kyk by www.babygym.co.za by Resources en Senses E-book vir die gratis e-boek. www.theartofcocreating.co.za; www.mindmoves.co.za; mindynamix.com; www.seniormindmoves.co.za
In dié podsending vertel Dr. Melodie de Jager ons oor woorde wat ons kan gebruik om uit te vind wat ons maat se primêre sintuig is:
Gereelde gebruik van die volgende of soortgelyke frases kan ‘n aanduiding wees van jou maat se primêre sintuig:
Ouditief: dis klokhelder, plig roep, jy druk jou so mooi uit, ons is in harmonie, ek is die ene ore, ek het ‘n voëltjie hoor fluit, luister tog net, ons praat dieselfde taal
Kinesteties: dit gaan teen my grein, ewe koel en kalm, hy bou ‘n lugkasteel, kom met my in aanraking, dit gaan hand aan hand, dinge raak nou vuurwarm, ek voel jou pyn, deur my vingers geglip
Visueel: ek sien, in ‘n oogwink, dit lyk vir my, in die lig van, die volle prentjie, volgens hierdie uitkyk, in my geestesoog, laat val die kollig op, onthul, toe word dit duidelik
In die eerste seisoen gesels ons spesialis-joernalis, Mariette Snyman, elke week met verskeie kenners soos, dr. Jireh Serfontein, dr. Elna Rudolph en dr. Melodie de Jager oor vroue se hartsake, seksuele gesondheid en gelukkige verhoudings. As jy al ooit enige vrae gehad het oor sensitiewe onderwerpe soos pynlike seks, erektiele disfunksie, kontrasepsie, libido, seks en die menopouse, en seksuele etiket, is hierdie reeks vir jou.
Nuwe episodes word elke Dinsdagoggend om 09h00 vrygestel.
Luister na ons vorige episodes van Tussen Ons:
Ons het hierdie seisoen 3 podsendings waarna jy kan luister! Dis gratis en jy kan enige tyd daarna luister.
Buiten Tussen Ons, het ons die volgende podsendings:
Bekendes soos Ruda Landman, Cindy Swanepoel, Nadia Beukes, Christel van den Bergh, Lindie Strydom en Werner Stander gesels elke tweede week openhartig met bekroonde joernalis en radio-aanbieder Ilse Salzwedel oor hul doen en late en lief en leed. Boonop gaan hulle probeer om vir luisteraars raad te gee oor hul verhoudings- en lewensprobleme. Gaan dit werk? Luister en oordeel maar! Ons waarborg ’n luisterervaring vol deernis en humor.
In dié vervolgverhaal deur Martie Swanepoel neem die bekende aktrise en stemkunstenaar Elize Cawood jou op ’n boeiende reis deur Liesl Burger se lewe. Liesl is ’n kunstenaar wat die plooie van haar man se verraad met ’n vintage Barbie uit haar lewe botox. Gedurende die 16 episodes gaan jy elke week saam met haar lag en ’n bietjie huil. En dalk jou vrouwees herontdek … Jy sal dit nie wil misloop nie!
#rrWenk: Jy kan gerus met oorfone luister
Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…
Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…
Genoeg vir 8 Bestanddele Tertdeeg 375 g koekmeel 2,5 ml (½…
In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…
Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi …
Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…
Hierdie webwerf gebruik koekies.