kategorieë: GebakKos

Turkse lekkers

Genoeg vir ongeveer 40

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

• 125 ml (½ k) mielieblom, gesif
• 300 ml water
• 500 g (2 k) suiker
• 25 ml (5 t) rooswater
• sap van 2 suurlemoene
• 25 g (25 ml) gelatien
• 125 ml (½ k) water
• pienk voedselkleursel
• 125 ml (½ k) versiersuiker
• 125 ml (½ k) mielieblom

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Voer ’n 20 x 25 cm-pannetjie met bakpapier uit.
1 Voeg net genoeg water by die mielieblom om ’n gladde pasta te vorm. Strooi die gelatien oor 125 ml (½ k) water en hou eenkant.
2 Meng die res van die water, suiker, rooswater en suurlemoensap in ’n middelslagkastrol en roer oor lae hitte tot die suiker opgelos is. Voeg die mielieblompasta by terwyl jy deurentyd klits. Kook vir sowat 10 min. of tot die mengsel deursigtig is en gaar proe.
3 Smelt die gelatien in die mikrogolf op die ontvriesstelling of oor warm water. Hou die die gelatien ’n entjie bokant die kastrol en voeg by die mielieblommengsel. Voeg die voedselkleursel by en meng goed.
4 Gooi in die voorbereide pan. Sit bakpapier bo-oor en laat set by kamertemperatuur.
5 Meng die ekstra mielieblom en versiersuiker en hou eenkant. Sny die Turkse lekkers in ewe groot blokkies van sowat 3 cm x 3 cm. Strooi die versiersuiker-en-mielieblom-mengsel oor die lekkers.
6 Laat die lekkers vir ’n dag of twee in die versiersuikermengsel lê tot die suiker al die vog geabsorbeer het. Indien die versiersuikermengsel te klam raak, kan jy dit deur nuwes vervang.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

#rooirosewenk

Maak seker die mengsel borrel wanneer dit kook, anders sal die lekkers ’n melerige tekstuur hê.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Groot sjokolade-en-bosbessie-kraakkoekie

Deel
Gepubliseer deur
Anelle Tewson

Onlangse plasings

Marciel groet vanjaar ‘Boer soek ’n vrou’

In ’n eksklusiewe onderhoud met Landbouweekblad het die Boer soek ’n vrou-aanbieder Marciel Hopkins onthul…

44 mins Gelede

6 maniere om griep te klop

Griep is winter se lewenslange vennoot. Sodra die koue tref, kan jy maar seker wees…

20 hours Gelede

Villa Rosa-ster nou in Suidooster: ‘Die poppe gaan dans…’

Die aktrise Elsje Slabbert, alom bekend vir haar rol as Carina Rautenbach in die destydse…

23 hours Gelede

Ons 6 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek

Bak vir ’n slag die heerlikste sjokoladekoek! Hier is ons 5 gunsteling-resepte vir sjokoladekoek.

24 hours Gelede

5 mites oor olyfolie

Moenie hierdie 5 mites oor olyfolie glo nie: Ingevoerde olyfolie is beter as Suid-Afrikaanse olyfolie…

2 days Gelede

Gebakte vis in geurige tamatiesous

Gebakte vis in geurige tamatiesous Lees ook: RESEP: Armand Aucamp se witvis met vanieljesous van Tahiti…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.