Turkse eiers met spek-broodvingers

Turkse eiers met spek-broodvingers. Resep deur Vickie de Beer. Foto Lee Schwagele vir crphotographic.co.za

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Turkse eiers met spek-broodvingers

Foto: Lee Schwagele vir rooi rose

Genoeg vir 4

• 1 e (15 ml) botter
• 1 ui, fyngekap
• 1 e (15 ml) fyngekapte knoffel
• 1 t (5 ml) fyngekapte brandrissie
• 2 t (10 ml) komyn
• 2 t (10 ml) gerookte paprika
• 1 x 400 g-blik tamaties
• 4-6 eiers
• 4 snye roosterbrood, in vingers van 10 cm x 2 cm gesny
• 8 repies spek
• 2 e (30 ml) botter
• ½ k (125 ml) crème fraîche
• vars koljanderblare vir opdiening

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1 Verhit die oond tot 180 ˚C.
2 Verhit die botter in ’n oondvaste middelslagpan en braai die ui, knoffel, brandrissie, komyn en gerookte paprika vir sowat 3-5 min daarin tot gaar.
3 Voeg die tamaties by, druk hulle fyn met ’n vurk en braai vir 10 min. of tot die mengsel effens verdik het. Geur met sout en gemaalde swartpeper. Skep lepels vol van die crème fraîche oral op die tamatiemengsel.
4 Vou die repies spek om die broodvingers.
5 Verhit die botter in ’n pan oor matige hitte en braai die spekbroodjies daarin tot gaar en bros.
6 Vorm met ’n lepel 4 holtes in die tamatiesous en breek ’n eier versigtig in elke holte.
7 Bak die eier-en-tamatie-mengsel vir sowat 10 min. of tot die eiers gestol en gaar is. Haal uit.
8 Sit die Turkse eiers voor met vars koljanderblare en doop die spekvingers in die sous.

Lees ook:

Alles-in-een-ontbyt

RESEP: Sjokolade-ontbytbakkie

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

4 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

4 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

4 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

4 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

4 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

4 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.