kategorieë: Reis

Turbine Hotel & Spa, Knysna: Meer as ’n duisend woorde

En asof die natuurskoon op sy eie nie ’n agtste wonder werd is nie, gaan ons groep joernaliste op ’n besoek aan die Tuinroete toe boonop in ’n ou kragstasie op Thesen-eiland aan die Knysna-waterkant tuis. Ja, regtig! Behalwe dat ’n ton kreatiwiteit intussen in die oorspronklike struktuur ingespit is sodat daardie ongerepte eksterieur van die industriële gebou vandag ’n heeltemal-van-die-bladsy-af- ongewone vyfsterhotel die Turbine Boutique Hotel & Spa huisves.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die beste van alles is dat die argitek daardie grote, stokoue kragstasietoerusting in helder kleure laat verf en ewe netjies op hul oorspronklike plekke ’n prominente staning in die gebou gegee het. Ek kon moeilik glo dat daardie stukke yster en staal met hul interessante vorms nie eietydse beeldhouwerke is nie. Manjifiek en uit die boks soos alles (insluitende die gemakstoele) by die onvergeetlike “kragstasie”!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Ewe verrassend is die ligging; die interessante spyskaart met geregte waaraan die sjef sy eie kinkel gegee het; die hotel se restaurante – onder meer ’n Col’Cachio-pizzeria aan die waterkant en ’n tapas-kroeg; die liewe vrou in die skoonheidsalon wat jou met haar massering aan die slaap sus; die fietsrit al om die waterkant, die sonsondergang-bootvaart op die meer (skemerdrankies en happies ingesluit), asook die besondere goeie diens én nog baie meer. Klim in jou motor en gaan kyk – en rus en eet – maar self …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Vir dié gebore en getoë Transvaler was die Tuinroete mooier as al die blomtuine wat ek tot nog toe gesien het. Wilde water teen die rotse met liggroen skuim waarop die son prismas verf, babagolfies op die skoon baaitjies doer onder, indrukwekkende vakansiehuise teen die groene hellings. Genoeg om jou in ’n baie ontspanne bui te plaas nog voor jy by jou bestemming aangekom het. O ja, vergeet ek, in hierdie wêreld is die reis mos eintlik die bestemming!

En dan was daar die Bos … Dalene Matthee se bos waar ons nie kringe geloop het nie maar heeltyd gestop het om ons koppe agteroor te gooi en die grootte van die kalanders in die onbeskryflike Tsitsikamma Nasionale Park te bewonder; “lank en eerbiedig” gekyk het, soos jy ook na ’n Boerneef-herfs moet kyk. En kort-kort stilgestaan het by ’n reuse-boom waardeur die son soos die prentjies in die Kinderbybel skuins strale lig aarde toe stuur, of om na die stem van die bos of ’n geskarrel tussen die gras te luister … Op so ’n roete word stap ’n vlug van vreugde en elke boom ’n katedraal, soos iemand eens gesê het …

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Dit het vir my gevoel of daar ’n heilige atmosfeer tussen daardie eeue oue bome heers. ’n Voelbare energie van tyd en ewigheid. Die wonder van die skepping waarvan bome so ’n intrinsieke deel is, asook die dankbaarheid dat die pragtige, pragtige bome (die hoogste een, ’n Outenikwa-geelhout, is ’n manjifieke 36 meter hoog met ’n omvang van 8,5 meter) asook die helderkleurige, singende voëlbevolking – en natuurlik ook die klein diertjies wat jy heeltyd hoor skarrel – bewaar gebly het, was net te groot vir die oomblik. Onvergeetlik!

Haas jou om ook te gaan kyk (en nie net na die bome nie, maar ook na alles wat in die Knysna-bos leef en groei – klein en groot). Dis iets wat bo-aan enige bucket list hoort – sê ek so ewe met die hind sight van iemand wat ’n leeftyd gewag het voor ek daardie heilige grond betree het. En nou oneindig dankbaar is dat dit my te beurt geval het …

Baie dankie aan Darréll Lourens vir die gebruik van haar pragtige foto’s – Daréll Lourens | @thegoodholiday (Instagram) | @the_goodholiday (Twitter) | www.thegoodholiday.com

Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

13 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

43 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.