kategorieë: VelsorgSkoonheid

Tuissorg-gesigbehandeling – doen dit self!

Tuissorg-gesigbehandeling deur Justine Kroes. Foto’s: Unsplash

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sukkel jy om tyd te maak vir ‘n gesigbehandeling by die salon? Moenie jou vel in die steek laat nie!

Selfs al gaan jy nie vir ’n gereelde salonbehandling nie, sal hierdie eenvoudige stappe vir ’n tuissorg-gesigbehandeling jou dalk oortuig om dit wel meer gereeld self te probeer!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Lees ook: Kry self hierdie 7 oulike style met haarserpies!

Stap 1: Reinig

Dit is belangrik om heel eerstens jou vel te reinig om seker te maak dat enige grimering, olies en bakterieë ordentlik verwyder word.

Stephnie-Anne Dickinson, hoof van onderrig by Optiphi sê: “Dit is belangrik om die korrekte reiniger vir jou veltipe te kies. Wend jou reiniger in klein sirkelbewegings aan om seker te maak dat jy jou grimering en oortollige olies verwyder. ’n Dubbel-reiniging word aanbeveel in die aande veral nadat jy onderlaag gedra het.”

Stap 2: Afskilfering

Gebruik nou jou gesigskrop of chemiese afskilferaar om van dooie velle onstlae te raak.

Selfs al is die chemiese afskilferaar of suur nie dieselfde sterkte as die een wat by die salon gebruik word nie, is dit steeds ’n belangrike stap wat jy nie moet nalaat nie.

“Om jou vel af te skilfer sorg dat jou masker, serums en gesigroom jou vel beter sal binnedring en meer effektief werk.” sê Stephnie-Anne Dickinson van Optiphi.

Stap 3: Stoom jou gesig

“Warm stoom werk effektief om die porieë op jou gesigvel oop te maak en te sorg dat verhoogde bloedsirkulasie in jou vel plaasvind, wat sal verseker dat die nodige bestanddele in jou maskers en serum jou vel goed binnedring”. sê Stephnie-Anne Dickinson van Optiphi.

Daar is ’n paar opsies wat jy kan gebruik – stoom jou gesig bo-oor die wasbak, gebruik ’n warm waslappie op jou vel of span selfs die stoom in die stort in om jou porieë effektief oop te maak.

Stoom oor wasbak: gooi tussen 4 en 6 koppies kookwater versigtig in ’n skoon wasbak, afhangend van die grootte, en gooi ’n groot handdoek oor jou kop terwyl jy daaroor buk, hou jou oë styf toe. Lig of laat sak jou kop vir meer of minder hitte en stoom vir 5 tot 10 minute.

Gebruik ’n warm lappie: Vul jou skoon wasbak met warm water (nie kokende water nie) en los ’n skoon handdoekie in die warm water om te week. Droog die handdoekie uit totdat dit klam is en plaas versigtig die warm handdoek op jou skoon gesigvel. Die ideale opsie is vir jou om bietjie agteroor te gaan lê en ontspan terwyl jy die lappie vir so 5 minute op jou vel hou.

Hoewel dit lieflik voel om jou gesigvel te stoom waarsku Stephnie-Anne dat jy dit liefs nie elke dag moet doen nie omdat dit jou vel kan laat dehidreer en selfs inflammasie kan veroorsaak.

Stap 4: Wend ’n masker (of twee of drie) aan

Jy kan óf een masker gebruik, óf ’n hele paar met die multi-masker-tegniek. Met multi-maskers takel jy verskillende probleemareas op jou gesig met verskillende soortee maskers. Leer meer oor multi-maskers hier.

Wend ’n egalige lagie van jou masker (of maskers) oor jou gesig aan. Nou is die perfekte tyd om rustig te sit en daardie tydskrif deur te blaai! Na 10 tot 15 minute spoel jy jou masker af en druk saggies jou gesigvel met ’n skoon handdoek droog.

Stap 5: Wend jou serum aan

Onthou jou serum word gebruik as ’n teiken-spefisifieke-behandeling vir jou vel se individuele behoeftes. Byvoorbeeld, sê Stephnie-Anne,  ’n Serum wat hialuroonsuur bevat teiken spesifiek dehidrasie, en ’n serum wat bestanddele soos retinol bevat is weer ’n spesifieke een wat velveroudering beveg.”

Gesigserums bevat ’n hoër konsentrasie van bestanddele wat jou vel op ’n dieper vlak kan hidreer en vernuwe.

Stap 6: Wend jou gesigroom aan

Die gebruik van ’n gesigroom is baie belangrik, meen Stephnie-Anne, en dit sorg dat die heel boonste lagie van jou vel effektief funksioneer, dié lagie dien as sperfunksie. ’n Goeie gesig- of nagroom sal jou vel gesond hou en voed.

Gebruik dié stap in die proses om jou gesigvel te masseer – daar is verskeie voordele aan gesigmasserings, dit sorg dat die produkte tot hul volle potensiaal geabsorbeer word, en stimuleer bloedsirkulasie in jou gesigvel en – baie belangrik – ontspanning!

Masseer jou gesigvel in klein sirkelbewegings en gebruik saggies jou vingers in ’n opwaartse rigting om te verhoed dat jy jou vel aftrek.

Stap 7: Sonskerm

Indien jy nie reguit bed toe gaan nie en jou tuissorg-behandeling in die oggend doen, moet nie van die belangrikste velsorgstap vergeet nie – sonskerm! Jou nommer een wapen teen vel-veroudering en hiperpigmentasie.

As jy eerder jou gesigbehandeling in die hande van professionele persone wil laat, kyk gerus na hierdie bekostigbare behandelings op Daddy’s Deals.

Vir nog skoonheidswenke en nuus volg gerus Justine Kroes en Suzanne Kotzé op Instagram @Stylvol.co.za of volg hulle Facebook blad Stylvol

Deel
Gepubliseer deur
Justine Kroes

Onlangse plasings

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 mins Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

36 mins Gelede

5 maniere om meer selfvertroue te hê

Ons wil almal die soort vrou wees wat ’n kamer binnestap en selfvertroue uitstraal. Gebruik…

18 hours Gelede

‘n Velsorggids vir elke ouderdom

Soos ‘n mens ouer word, raak dit moeiliker om die sigbare tekens van elke verbygaande…

19 hours Gelede

Karamelspringmielies-en-mout-koekies

Gebruik ons resep vir basiese soetkoekies en maak hierdie lieflike karamelspringmielies-en-mout-koekies. Die koekieblik sal nie…

22 hours Gelede

Vanaand op ‘Een keer om die son’

Een keer om die son, volg die lief en leed van een familie oor die…

23 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.