iPad / ‘tablet’ oortreksel:
Benodighede
Vilt in twee kleure
Lint
Gehekelde blommetjie
Gom
Aanwysings
Sny die agterkant van die oortreksel so dat dit ’n flap oor die voorkant maak. Stik nou die voorkant en agterkant aanmekaar vas. Stik Velcro aan die flappie sowel as bo-op die voorkant. Versier met blommetjies en lint deur dit met materiaal-gom vas te plak.
Kleurkryt-sakkie
Benodighede
Inkleurpotlode
Vilt (2 verskillende kleure)
Aanwysings
Stik die bandjies aan die langwerpige velt vas sodat dit kan oprol en vasgemaak kan word. Maak nou snytjies in die materiaal sodat die potlode in ’n ry lê.
Albaster potjie
Benodighede
Glaspotjie
Vilt
Lint
Goiing
Aanwysing
Neem ’n konfytflessie, vul met albasters en plak die seuntjie se naam met vilt daarop vas.