'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
Kleur en tekstuur
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }Rooi en oranje is twee kleure waarvan tuiniers dikwels wegskram. Hier sorg die helder oranje swartoognooi op die tuisgemaakte gevlegde wattellatskerm en bloedrooi koraalboom vir ’n kleurvolle prentjie. Die koraalboom floreer ten spyte daarvan dat hulle eintlik van meer tropiese klimaat hou.
Vorm, kleur en tekstuur
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Die artisjokke op die voorgrond se blaarvorm vorm ’n sterk kontras met die sagter, fyner vorms van die boerbone en ander plante op die agtergrond. Die grys kleur van hulle blare staan mooi uit teen die groen, geel, ligpers en bruin op die agtergrond. Die blaartekstuur is in direkte kontras met die gladder tekstuur van die ander plante se blare.
Inheemse en uitheemse kombinasies
Hierdie tuinier plant graag inheems maar is nie ’n puris nie. Daar is talle uitheemse plante wat goed kombineer met die inheemse plantegroei en net so gehard en taai is. Die blou alwynagtige bloeiwyse van die trots van Madeira (Echium fastuosum ), die geel asterblommetjies van die boetabessie (Chrysanthemoides monilifera) (voor) en die oranje wildedagga (Leonotis) is ’n treffende kombinasie van inheems en uitheemse plante wat talle voëls, skoenlappers en bye lok.
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Die toonaangewende koskenner Herman Lensing (37) is een van die beoordelaars in die volgende gedaante…
Hierdie webwerf gebruik koekies.