kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Tuinmaak in die winter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Wat is Permakultuur?

Dit is ’n praktiese benadering tot volhoubare ontwikkelingsontwerp wat in honderde lande wêreldwyd deur duisende praktisyns toegepas word.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Permakultuur ontwerp menslike ekosisteme waarin menslike behoeftes volhoubaar aangespreek word. In hierdie ekosisteme (ook bekend as gekweekte ekosisteme), word mense en hul kultuur verweef met plante, diere, geboue, energie-sisteme, ekonomiese strukture en dies meer om ’n meer produktiewe en holistiese geheel te bewerkstellig.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Mense wat sal baat by hierdie kursus is beroepsmense in landbou-uitbreidingswerk, landgebruikspraktyke, tuinbou, stedelike ontwerp, omgewingsopvoeding, gemeenskapsontwikkeling en ander wat die vaardighede kan gebruik om volhoubare lewenskragtige samelewings te help ontwikkel.

Met die internasionaal-erkende Permaculture Design Certificate sal ’n deelnemer na afloop van die kursus as ’n professionele volhoubaarheidskonsultant kan werk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir die tuin en kombuistuin

Party mense is wintermense en floreer in koeler weer. Ander is somermense. Dis maar dieselfde met plante met dié dat sekere plante dormant raak en rus, en ander floreer.

Op heerlike sonskyn-wintersdae is dit die ideale geleentheid om uit te kom by daai tuintakies wat nou al te lank uitgestel word, byvoorbeeld om hout-items soos tuinmeubels en dekke af te skuur en te seël. Dis ook ’n goeie tyd om ’n bietjie aandag te gee aan ander tuinkonstruksies soos heinings, stoorkamers en tuinmure. Gepraat van die stoorkamer, dis sommer ook ’n goeie tyd om die tuingereedskap na te gaan en die plek te orden. Maak ook seker jou snoeigereedskap is vlymskerp vir die aankomende snoeityd.

Wag eers met die snoei van die rose al lyk hulle nie meer op hulle stukke nie. In rypvrye areas kan jy reeds in Junie begin snoei, maar waar daar ryp voorkom is die vroegste tyd vir snoei die eerste of tweede week in Julie. Dis egter beter om te kyk na wat die plant jou wys en eerder tot later te wag.

Meer oor ryp

Sensitiewe plante moet liewers na ’n beskutte plek geskuif word of minstens beskerm word met ’n bedekking. Dit help ook om net voor sonop die tuin te besproei sodat die dou nie omsit in ryp op die blare nie.

’n Deklaagkombersie sal sorg dat die grond warm bly en die plante aanhou groei. Bokasji-lasagnebeddings bly altyd ’n treffer as dit kom by verwarming van grond, veral as jy groente wil plant.

Wintermaande is ’n goeie tyd vir nuwe aanplantings van rose en vrugtebome. Teen laatwinter sal die meeste kwekerye nuwe voorraad hê as jy lus voel vir ’n paar nuwe variëteite. Dit sal die rose genoeg tyd gee om te vestig voor die ergste hitte van die somer kom. Maak altyd seker wanneer jy plant dat jy die gat goed voorberei met  goeie kompos by die grond wat uit die gat uit kom en voed dan later met organiese 3:1:5 vir blomplante en vrugtebome en 2:3:4 vir nie blomdraende plante.

Die meeste fynbos hou nie van fosfaat en dus beenmeel nie.

In die eetbare tuin kan geoes word aan preie, brusselspruite (van onder af op), wortels, witwortels en kool. Vir nuwe aanplantings is daar talle goed wat hou van die winterkoelte soos die koolfamilie: brusselspruite, broccoli, kool en blomkool, wortel-/ondergrondse gewasse: beet, rape, wortels, witwortels, radyse, uie, preie sprietuie, blaargewasse: spinasie, blaarslaai, seldery, pietersielie, peulgewasse: ertjies en boerbone (broad beans) en Oosterse groente.

Zonal Pelargonium Turkana

Pelargoniums lyk dikwels goed tydens koeler maande (herfs en vroeglente). Hierdie nuwe Zonal Pelargonium Turkana Dark Red is uitstekend vir potte en kleur in beddings. Dit is ’n kompakte bossie van so 20 -25 cm hoog en wyd met donkergroen blare en groot, treffende bloeiwyses. Plant hulle in volson tot halfskadu. Hulle hou glad nie van te veel water nie. Die grond moet liefs uitdroog voor dit weer water kry. Plante is nou landwyd by tuinsentrums beskikbaar.

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Stel die verbruiker se ervaring eerste! MSI se reis van 20 jaar om ’n ryk van skootrekenaars te bou

’n Nalatenskap wat daarop gebou is om hul verbruikers te verstaan  Oor die afgelope 20…

2 hours Gelede

Het jy wat dit vat vir ‘Die brug’ se tweede seisoen?

Iewers op ’n eiland met ’n toring staan nog ’n skatkis wat R1 miljoen kontant…

8 hours Gelede

Smelt-in-die-mond-koekies

Maak 30 koekies • 500 ml (2 k) koekmeel • 80 ml (1⁄3 k) kakao…

9 hours Gelede

Geurige tamatie-en-wors-gebak

Geurige tamatie-en-wors-gebak. Resep deur Vickie de Beer   Lees ook: Geurige worsies met sampioene en…

9 hours Gelede

Gebakte Carbonara

Vir hierdie heerlike gebakte Carbonara druk jy die blokkies mozzarella tussen die pennepasta in! Resep…

9 hours Gelede

Ribollita

Ribollita is ’n Toskaanse sopbredie. Dit word soos ’n sop gemaak maar is so lekker…

9 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.