kategorieë: TuinmaakLeefstyl

Berei jou tuin voor vir reën

Deur Elandrè Swart. Hooffoto: Saso Novoselic/istock images

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die droogte het dit vir ons almal baie moeilik gemaak om ons tuine reg te ruk. Maar met die reën wat uiteindelik hier is kan jy die nattigheid tot jou voordeel gebruik om jou tuin voor te berei sodat dit gereed is vir die lente.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Maak skoon

Maak jou geute skoon en verwyder al die herfsblare om verstoppings te voorkom. As jy nog nie het nie, laat jou afvoerpype na ’n reënwateropberghouer toe loop sodat jy reënwater kan opvang en sodoende gereed kan wees vir die droër maande wat voorlê.

Lees ook: Kry jou huis reg vir winter

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Plant!

Winter is die beste tyd om nuwe bome en struike te plant omdat die wortels vinniger ontwikkel. Kies inheemse plante (wat verkieslik natuurlik in jou streek voorkom) en waterwyse spesies. Nuwe plante het tyd nodig om gevestig te word en sal voordeel trek uit die baie water nadat hulle oorgeplant is.

Waterwyse bome

  • Dikvoet (Pachypodium succulentum)
  • Karoo Rhigozum (Rhigozum obovatum)
  • Spekboom (Portulacaria afra)
  • Wilde roosmaryn (Eriocephalus africanus)

Vir meer droogtebestande en waterwyse plante lees hier.

Lees ook: Plant slim, bespaar water

Maak seker jy het genoeg kompos in voorraad

Wag ’n paar dae voor daar swaar reën voorspel word en bedek dan jou tuinbeddeings met die kompos. Die reën sal al die voedingstowwe in die grond laat intrek en jou plante sal floreer in die lente.

Deklaag

Om jou beddings met ’n deklaag te bedek is ’n moet tydens winter sodat vog behou kan word. Dit sal ook onkruid keer om te groei tussen nuwe plante.

Vang water op

Water kan maklik verloor word – veral wanneer dit naby aan ’n sypaadjie of jou oprit val. Vang die water op deur ’n sloot te maak langsaan jou sypaadjie. Plant plante wat nie bang is om (so te sê) hulle voete bietjie nat te kry nie om elke druppel moontlik te bespaar. Dieselfde kan gedoen word met die beddings jou tuin.

Maak jou plante vas

Heg swak plante en bome vas aan ’n stewige paal aangesien die winterreën jong plante kan verwoes.

Deel
Gepubliseer deur
Elandre Swart
Tags: diygardening

Onlangse plasings

Voltooi jou kuier in Kaapstad met ’n ete by Marble Cape Town

Die ergste toeriste-gedruis na al die langnaweke het effe bedaar, die kole suis gesellig en…

10 hours Gelede

Darren Scott op ‘Laataand by Rian’: “As ek nie kan praat nie, kan ek nie werk nie”

Die emosie het met tye hoog geloop toe Rian van Heerden die radio-legende Darren Scott…

12 hours Gelede

Lees saam met jou kind op Wêreld Boekedag

Onthou jy knus voorleestydjies op jou ma of ’n ander volwassene se skoot? Dis vandag…

13 hours Gelede

Kleur in met strooikussings

Strooikussings helder ‘n leefvertrek op. Dit is ‘n nuttige en bekostigbare bykomstigheid vir enige vertrek,…

15 hours Gelede

4 geheime van gesonde, gebalanseerde vroue

  1 Eet stadig Die praktyk van hara hachi bu hou die mense van Okinawa…

17 hours Gelede

Hoe om jou snyplanke skoon en kiemvry te hou

Hier is 'n paar stappe om jou snyplank behoorlik skoon te maak:   Was jou…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.