Serves:Genoeg vir 1 groot broodNutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
500 g broodmeel
375 ml warm water
10 g (1 pakkie) kitsgis
10 ml sout
125 ml basiliekruidpesto
vars groente uit die tuin soos jong preie, jong beet en worteltjies, klein eiervrugte en kersietamaties nog aan hul stingels
Instructions
1 Sit die deeghaak aan die elektriese menger. 2 Sit die meel, gis en sout in die bak en voeg die water stadig by terwyl die masjien hardloop, meng deurentyd. 3 Knie die deeg vir 10 min. tot dit ’n gladde, werkbare deeg vorm. 4 Maak met ’n lappie toe en laat vir 2 uur op ’n warm plek rys. 5 Knie die deeg af en voeg die pesto by, meng weer in die menger met die deeghaak tot deurgemeng. 6 Sprei die deeg op ’n oondpan van 25 cm x 35 cm uit en druk met jou vingers plat. 7 Laat weer rys. 8 Verhit die oond tot 200 °C. 9 Pak die groente van jou keuse op die brood uit. 10 Sprinkel olyfolie en Maldon-sout oor en bak vir sowat 40-45 min. tot goud-bruin en gaar.