Tuin-oesbrood
Serves: Genoeg vir 1 groot brood
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 500 g broodmeel
- 375 ml warm water
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- 10 ml sout
- 125 ml basiliekruidpesto
- vars groente uit die tuin soos jong preie, jong beet en worteltjies, klein eiervrugte en kersietamaties nog aan hul stingels
Instructions
1 Sit die deeghaak aan die elektriese menger.
2 Sit die meel, gis en sout in die bak en voeg die water stadig by terwyl die masjien hardloop, meng deurentyd.
3 Knie die deeg vir 10 min. tot dit ’n gladde, werkbare deeg vorm.
4 Maak met ’n lappie toe en laat vir 2 uur op ’n warm plek rys.
5 Knie die deeg af en voeg die pesto by, meng weer in die menger met die deeghaak tot deurgemeng.
6 Sprei die deeg op ’n oondpan van 25 cm x 35 cm uit en druk met jou vingers plat.
7 Laat weer rys.
8 Verhit die oond tot 200 °C.
9 Pak die groente van jou keuse op die brood uit.
10 Sprinkel olyfolie en Maldon-sout oor en bak vir sowat 40-45 min. tot goud-bruin en gaar.
Rooi Rose
Lees Meer
Fantastiese aartappelbrood
01/12/2024
Laesout saadjiebrood
11/11/2024