Leer
Leerhandskoene pas dikwels nie knus nie, maar hulle is duursaam, sterk en perfek vir die snoei van rose of die stoot van ’n swaar kruiwa. Sommiges strek tot by jou elmboë vir ekstra beskerming.
Katoen
Katoenhandskoene is goedkoop en volop. Tog het hierdie handskoene hul beperkings. Alhoewel hulle lig is en jou teen blase beskerm terwyl jy onkruid uitrek, is hulle nie waterdig nie. So, hulle beskerm jou nie teen chemikalieë of snye nie.
Weggooibaar
Dit is nie tegnies tuinhandskoene nie, maar wel geskik vir die hantering van kompos en gifstowwe. Kry dit by jou apteek.
Rubber
Rubber-handskoene is perfek om koue en vog buite te hou.
Spandex of Lycra
Hierdie handskoene het altyd katoen bo-op die handskoen met lycra of spandex op die palm. Dit pas goed en is waterbestand. Hulle bied ook beskerming teen die son.
Verbruikersgids
Crabtree & Evelyn | crabtree-evelyn.co.za
Take a lot | takealot.com
Yuppie Chef | yuppiechef.com
Makro | makro.co.za
Stodels | stodels.com