’n paar druppels pienk, groen en blou voedselkleursel
Instructions
Meng al die bestanddele saam.
Verkil vir minstens ’n halfuur in die yskas of tot die mengsel geset het.
Smeer ’n dun lagie van die tuille-beslag oor die asetaatstensil en bak vir sowat 1-2 min. of tot die rande van die tuilles begin bruin word.
Haal die bakplaat uit die oond en verwyder die tuilles dadelik.
Vorm oor die verlangde vorm en laat afkoel tot die koekies hard is. (Jy moet vinnig werk, want die tuilles word byna dadelik hard.)
Bak vir sowat 15 min.
Maak die oonddeur effens oop en bak vir nog sowat 30 minute. Skakel die oond af en laat die koekies in die oond uitdroog.
Haal die makrolletjies versigtig met ’n paletmes van die bakpapier af.
Smeer van die geklitste room aan die een kant van die makrol en sit ’n ander koekie bo-op.
Verkoel die mengsel in die yskas sodat dit set en maklik smeer. Smeer die tuille-beslag oor die asetaatstensil. Lig die stensil op. Moenie te veel tuilles op ’n slag bak nie - hulle sal hard word voor jy hulle kan vorm.
Vorm die skoenlappertuilles in ’n stuk karton wat soos ’n konsertina gevou is sodat die “vlerke” van die skoenlapper in die lug kan staan. Die blommetjies kan oor klein hittebestande bakkies gevorm word. Verwyder sodra die tuilles hard is en stoor in ’n lugdigte houer.
Skoenlappers
Jy benodig ’n skoenlapper-koekiedrukker vir dié resep.
Smeer ’n lagie van die tuille-mengsel op ’n gesmeerde bakplaat. Bak tot net gaar en haal uit.
Druk die skoenlapper met ’n skoenlapper-koekiedrukker uit.
Bak vir nog ’n minuut of twee tot die tuille aan die kante begin verkleur.
Vorm, laat afkoel en stoor in ’n lugdigte houer.
Kookkunsie
As tuilles pap geword het, kan jy hulle weer in die oond bak en vorm. Hulle sal hard word sodra hulle afgekoel is.