'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Ons kouse met ’n voëltema het van ryk kleure en teksture tot pragtige fyn ontwerpe, wat dit werklik iets buitengewoons maak. Die kleurkombinasie bied ’n treffende kontras en is werklik iets wat enigiemand in hul spore sal laat stop om twee keer te kyk. Dra dit om enige uitrusting te laat uitstaan.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Valletjiesokkies is die perfekte bykomstigheid saam met ’n stel Mary Janes, balletskoentjies of enkelstewels. Jou Doc Martens-enkelstewels sal ook ekstra oulik lyk met ’n valletjie wat uitloer.
Kouse met blomme, soos madeliefies en rose, kan ’n wonderlike toevoeging tot jou uitrusting wees. Of jy nou ’n subtieler kleurkombinasie verkies, of van helder blomme op jou kouse hou, albei opsies kan baie goed lyk wanneer dit met die regte uitrusting gepas word. Helder kleure sal beter lyk met eenvoudiger skoene wat ’n soliede kleur het, terwyl eentonige kleure beter lyk met ’n paar skoene wat meer detail het.
Aangesien balletskoene die neiging vir 2024 en 2025 is, het ons besluit om die perfekte paar kouse te skep wat daarby sal pas. Hierdie kouse is ontwerp met ’n kantbandjie wat oorkruis sodat dit ’n strikkie aan die agterkant maak. Dit sal mooi by enige skoen lyk. Dit lyk veral oulik saam met Mary Janes. Saam met ’n rokkie of romp sal dit eg vroulik lyk.
Die kouse waaroor daar hierdie seisoen baie oor gepraat word, is kniehoogte kouse wat jou voorkoms mooi sal afrond as jy ’n romp of rok daarby saamdra. Dit lyk veral treffend saam met tekkies, Mary Janes of enige skoen wat tot onder die enkel kom. Dra dit saam met ’n mooi bloes of T-hemp – hierdie kouse kan vir ’n formele uitrusting werk of kan ook informeel wees. Die kniehoogte sokkiereeks het delikate borduurwerk en stekies, en hier sal definitief iets wees waarvan jy sal hou!
Kant, ’n klassieke materiaal waarmee baie kouse gemaak word, is die perfekte materiaal wat danksy die sagtheid daarvan ons stylvol en ook gemaklik laat voel. Daar is ’n groot verskeidenheid style waarvan jy kan kies wat jou uitrusting sal komplementeer – van kantsokkies wat tot die enkel kom en skulprandjies, tot linte wat by die enkel vasmaak en geheime kantsokkies. Dit is by verre ons gewildste manier om kouse by ’n paar oulike skoene te dra. Hulle is ook baie veelsydig met die opsie om dit by ’n stewel te dra. Of dit nou kniehoogte of enkelhoogte is, saam met platskoene of Mary Janes gedra word, dit sal by enige skoen mooi lyk.
Strikkies is iets wat nooit uit die mode sal gaan nie en is net die oulikste bykomstigheid vir enige uitrusting. Dit voeg iets vrouliks en jeugdigs tot jou voorkoms. Strikkies is ’n speelse bykomstigheid, so jy is welkom om pret te hê daarmee – dit lyk veral goed saam met ’n paar tekkies.
Kwiltwerk is ’n baie vleiende ontwerp en ontwerpe wat oorkruis, het ’n manier om ’n been langer en goed te laat lyk. Of jy kniehoogte of enkelhoogte kouse dra, ons het baie oulike ontwerpe vir jou!
Geometriese koouse het ’n verskeidenheid van interessante ontwerpe en sal enige uitrusting treffend laat lyk. Van blokkiespatrone tot strepe en kolletjies, kouse met patrone is ’n goeie manier om jou someruitrusting ’n bietjie karakter te gee.
Besoek That Shoe Lady om ‘n paar van hierdie pragtige nuwe reeks kouse te koop.
Lees ook: WEN Franschhoek Cellar-wyn en ’n drasak vir twee bottels ter waarde van R2 600!
Simoné Pretorius is weer swanger, en in die wolke daaroor! Die 34-jarige aktrise het…
Genoeg vir 4. Bestanddele 10 ml (2 t) elk olie en botter 1…
Vandag is dit steeds een van die gewildste plaaslike produksies wat kykers saam laat swets,…
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Hierdie webwerf gebruik koekies.