Serves:Genoeg vir 6-8Nutrition facts:200 calories20 grams fat
Ingredients
Pak die eiertjies as ’n klein snoephappie uit voor julle vir jul Paasmaal aansit. Dankie aan die Heynse en hul getroue eende op Oudeberg wat die eiers voorsien het.
12 eend- of hoendereiertjies
15 ml truffelolie, kyk by deli’s of Woolworths vir “Truffle Oil”
1 knoffelhuisie, vasgedruk op ’n vurk se tande
sout en swartpeper
125 ml (½ k) crème frâiche of suurroom
’n hand vol baba-kruieblaartjies
Instructions
1 Sny die spits kant van die eendeiers versigtig met ’n skerp riffelmes af. 2 Gooi die eier in ’n mengbak uit en hou eenkant. 3 Was die doppe binne en buite onder lopende water. 4 Verhit die truffelolie in ’n middelslagpan oor matige hitte. Gooi die eiers in die pan en roer heeltyd met die knoffelvurk oor ’n lae hitte. 5 Braai tot die eiers begin set maar nog nie droog is nie. Geur na smaak. 6 Haal af en roer die crème frâiché deur. Skep die gaar eier in klein eierbakkies of vul elke eierdoppie tot bo en maak staan in ’n nessie wat jy met mos gemaak het. 7 Tooi met die blaartjies, steek ’n piepklein lepeltjie in elke doppie en sit voor.