kategorieë: Verhoudings

Trouringe vir sterk vroue

Hantie Londt

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }
  • Bedagsaamheid is ’n pluspunt. My man, Brian, was die eerste man met wie ek uitgegaan het wat my kinders ook bederf het wanneer hy my vir ete uitneem. Hy sou vooraf vra watter wegneemkos hulle wou hê en dit vir hulle gaan koop.
  • Die saamwoon in een huis aan die begin van die huwelik is die moeilikste. Julle is soos twee voete wat jul uitgetrapte skoene vir nuwes verruil – jy weet nie vooraf waar die liddoring gaan druk nie. Maar jy is ouer en wyser, jy het ’n bewuste keuse gemaak en jy kan aanpas.
  • Ek het geleer om rustiger te leef. As enkelma was ek gewoond daaraan om ’n week se aktiwiteite in een  dag in te pas. Wanneer ek en Brian winkels toe moes gaan, het ek aanvanklik voorgestel dat ons elkeen ons eie koers inslaan om vinniger meer gedoen te kry. Brian wou niks daarvan weet nie en het aangedring dat ons alles saam doen.
  • Jou liggaam én denkwyse verander. By Brian het ek geleer ek kan my skilderye gereeld skuif!
  • Op ’n dag voel albei lus om die pad te vat, maar môre voel jy beter en dan raak dinge weer normaal. Iewers het ek gelees: “Never fall out of love simultaneously.”
  • Alleentyd doen ons goed. Brian gaan soms vir ’n naweek alleen plaas toe “om sy kop uit te sorteer”, en ek werk ure lank alleen in my ateljee.
  • Vind ’n balans tussen stilbly wanneer iets jou pla en om altyd die laaste sê te hê. Ek het geleer dis beter om soms ’n groot kabaal te vermy, oor die saak te bid en dit dan aan te roer wanneer die man se maag vol is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write('
'); }

Hantie Londt. Foto: Minke Booysen Photography

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Jenny van der Walt

  • Dit was vir my belangrik om vas te stel of Jurgen net so ’n hegte band met sy kinders het soos ek.
  • Ek doen my bes om Jurgen se kinders met dieselfde bedagsaamheid en respek te benader waarmee ek my eie kinders hanteer.
  • Ek het Jurgen die leiding laat neem in die verloop van ons verhouding.
  • Dit was vir my besonders dat Jurgen my van die begin af by sy vriendekring en aktiwiteite ingesluit het. As hy vriende by die pub ontmoet het, het hy my gebel en genooi om by hulle aan te sluit.
  • Ek praat maklik en gou wanneer iets my pla.
  • Ek glo jy moet sensitief wees vir jou maat se verwonding. Ons het almal seergekry.
  • Dit was vir ons makliker toe ons getroud is omdat ons kinders reeds uit die huis en onafhanklik was.
  • Ons maak ons huis saam mooi en gemaklik, en kook een naweek per maand saam werksetes vir die maand.
  • Daar kom voortdurend nuwe uitdagings op die huwelikspad. Onthou dat jy gekies het om getroud te wees en bied hulle so goed moontlik die hoof.

Dr. Tessa van Wijk

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
  • Maak seker jy is genees van die seerkry van jou vorige verhouding. Moenie daardie ou kwessies in ’n nuwe verhouding inbring nie. Sluit die verlede af.
  • Spreek vooraf jou verwagtinge uit. Ek en Essie het baie gepraat en geredeneer en alles op die tafel gesit wat ons moontlik kon – ek dink dit is baie nodig vir ’n tweede huwelik en veral omdat ek so lank alleen was.
  • Ons was albei redelik vas in ons eie manier van doen en moes leer om by iemand anders se denke en opinie aan te pas. Ons gewoontes het ook baie verskil, soos dat een douvoordag opstaan en die ander ’n naguil is. Wedersydse respek en aanvaarding van mekaar het met die aanpassing gehelp.
  • Die eerste huweliksjaar is die belangrikste, want dan lê jy sekere gedragsvorme, die kommunikasiestyl, en die manier waarop jy konflik hanteer neer. Jy moet dus die eerste jaar doelbewus hard werk om daardie dinge in plek te kry – as jy oor vyf jaar sê jy wil dit nou verander, is dit baie moeiliker.
  • Weet hoekom jy trou – moenie trou net omdat almal dit doen nie. Besluit vir jouself. As probleme opduik, sal jy kan deurdruk omdat jy geanker is in jou besluit.
  • Jy moet saam met jou maat wil oud word. Dan maak dit nie saak wat gebeur nie – jy sal daardeur wil werk, want jy voel “ons wil saam oud word.”
Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose
Tags: huwelik

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.