Troukoors: Wenke vir hierdie seisoen se trou-uitrustings deur Susra Matthee en Bea Lingenfelder. Hooffoto: Forever New
Dis weer tyd vir troues en ons wonder gereeld wat om te dra by ’n troue wanneer jy ’n gas is. Ons modespan deel hul beste raad.
1. Hou by jou styl
Jy hoef nie onder die trou-uitrusting-paniek te knak en oordrewe blomme- of kolwyntjiekleure te dra nie. As dit jou voorkeur is, mag jy selfs swart na ’n troue dra, maak net seker dit is ’n interessante swart skepping en sorg dat jy ook nie jou bykomstighede afskeep nie.
Lees ook: Trou mooi vir minder

Eenstuk: Witchery, Hakskoen: ALDO, Palmsakkie: Willow Tree, Hangertjie: ByCara
2. Neon is in!
Moenie met die bruid se rok kompeteer nie – dit is darem haar dag! Vermy baie ligte kleure ten alle koste. Die maklikste is om vir die helderste en grootste tendens van dié somer te gaan, naamlik neon. Hou die res van jou bykomstighede egter neutraal.

Rok: Scotch&Soda, Hakskoen: Steve Madden, Oorringe: Country Road
3. Blink bly bobaas
Jy mag beslis blink dra by ’n troue. Jy kan selfs goue skoene by ’n blink uitrusting dra.
Lees ook: Dra so jou winteritems in die somer

Breistofrok met kralewerk: Zara, Hakskoen: Steve Madden, Oorringe: Pichulik
4. Sê ja vir satyn
Satyn is perfek vir die aand en is ook hoogmode. Dra dit saam met ’n handtassie met die booghandvatsel wat deesdae die nuwe palmsakkie is!

Satynpakkie: Zara, Satynromp & Handsakkie & Hakskoen: Witchery, Oorringe: Poetry Wenke vir hierdie seisoen se trou-uitrustings
5. ’n Baadjie vir die koue
Jy hoef nie meer jou metgesel se baadjie te leen by die troue nie. Die truuk is dat die baadjie by jou rok nie ’n dubbelknoop-baadjie moet wees nie (double breasted), maar wel ’n lospassende somersbaadjie van ’n ligter materiaal. Dra ’n haarknippie of twee en ’n paar dun hakke by die rok-en-baadjie-uitrusting om dit vroulik te hou.

Baadjie: Zara, Eenstuk: H&M, Hakskoen: Steve Madden, Haarknippies: Frances and the Frills
6. Die 80’s het gebel en gesê jy lyk fantasties!
Girls just wanna have fun! En pret is wat jy beslis gaan hê in hierdie fraai rok met deurskynende pofmoue. Maak seker jou bykomstighede is net so vol pret.

Rokkie: Zara, Hakskoen: Steve Madden, Handsakkie: Country Road
Verbruikersgids: