3 wenke om ’n pofbaadjie stylvol te dra
• Kies jou patrone versigtig. Fyn kwiltwerk sal jou slanker laat vertoon alhoewel dit belangrik is om in ag te neem wáár dit op die baadjie voorkom. Indien jy meer van ’n peer-figuur het, sorg dat die kwiltwerk bo die middellyf aangetref word, en andersom.
• Aangesien die kwiltwerk van jou baadjie reeds aandag trek, is dit belangrik om die ander motiewe in jou uitrusting eenvoudig te hou.
• Vir ’n meer moeitelose benadering tot die pofbaadjie-tendens, is ons beste wenk om mode-items te kies wat subtiele kwiltwerk bevat, byvoorbeeld net die moue van ’n baadjie of selfs bykomstighede soos die ikoniese 2.55-skouersak van Chanel, wat steeds hoog heers.