Daar is opvallende elemente soos plantegroei en bokke wat al baie in dekor gebruik is, maar dan kry jy iets soos die Songolo-bank (Haldane Martin) en die seeklippies-bank (Haldane Martin) wat ’n ander tipe ontwerp na vore bring. Dit is iets nuuts!
Het jy al van die Wonderbag gehoor? Die (ware) wondersak dien as ’n slow cooker. ’n Nie-elektroniese manier om jou kos gaar te maak. Jy bring jou kos tot kookpunt in ’n pot, haal die pot van die hitte af en plaas dit in die Wonderbag om verder gaar te word. Dit hou jou kos warm – ideaal vir iemand wat heeldag op die pad is. Vir meer inligting, besoek gerus hul webstuiste by wonderbag.co.za
5 wenke vir Suid-Afrikaanse dekor
- Moenie te veel verskillende elemente in een vertrek gebruik nie.
- Wees versigtig vir ’n bont vertrek.
- Wanneer daar verskillende patrone en kleure in klein produkte betrokke is, moet jy seker maak die groter elemente (soos meubels of jou muur se kleur) is eenvoudig.
- Hou by jou styl van versiering – moenie te veel afwyk van die res van jou huis se dekorstyl nie.
- ’n Leefarea is die maklikste vertrek waarby jy hierdie elemente kan inkorporeer.
Kyk na ons galery vir inspirasie
Verbruikersgids
Chair Crazy | chaircrazy.co.za
Hello Pretty | hellopretty.co.za
Mr. Price Home | mrphome.com
Superbalist | superbalist.com
Wonderbag | wonderbag.co.za
Woolworths | woolworths.co.za