½ winterspanspek, geskil en in klein wiggies gesny
1 mango, geskil en in klein wiggies gesny
4 grenadellas, oopgesny
250 ml (1 k) gehalte-vanieljeroomys
hand vol kruisementblare
125 ml (½ k) vars of gedroogde klapperkrulle, liggies gerooster
Instructions
Lemmetjiestroop: Los die suiker oor matige hitte in die water op. Verhoog die temperatuur en kook vir 5 min. Laat afkoel. Meng die lemmetjieskil en -sap deur die suikerstroop.
Vrugteslaai: Meng die pynappel, spanspek en mango. Skep van die grenadellapitjies oor die slaai en sit die res in die dop by die vrugteslaai.
Meng die lemmetjiestroop deur en sit die vrugteslaai met balle vanieljeroomys voor. Strooi kruisementblare en klapper oor.