Ons het hierdie heerlike verfrissende slaai op die strand geëet. Koop aloe vera-sap by gesondheidswinkels of apteke.
Ons het hierdie heerlike verfrissende slaai op die strand geëet. Koop aloe vera-sap by gesondheidswinkels of apteke.
Aloe-granita: Verhit die sap, suiker en suurlemoensap oor matige hitte tot die suiker gesmelt is. Meng die voedselkleursel deur. Laat afkoel. Gooi in ’n plat staalbak en bedek met kleefplastiek. Vries vir ’n paar uur tot hard.
Krap die granita met ’n vurk en sit die yskristalle met die papaja, mango, piesangs, grenadellas, lemoene en klapperkrulle voor.