Tropiese salmslaai met geroosterde pita's
Serves: 6
Nutrition facts:
200 calories
20 grams fat
Ingredients
- 3 pitabrode
- 45 ml (3 e) olyfolie
- 45 ml (3 e) Dukkah (’n speserymengsel van Noord-Afrika)
- growwe sout
- 1 pynappel, geskil en inpapierdun skyfies gesny
- 1 groot lemoen, in segmente gesny
- 100 g (1 pakkie) kasjoeneute
- gemengde slaaiblare
- oorskiet gaar salm, gevlok
- Voorverhit die oond tot 200 °C.
Instructions
- Sny die pitabrode heeltemal oop sodat jy twee sirkels het. Sit dit op ’n bakplaat, verf met olyfolie en strooi Dukkah en sout oor. Bak tot goudbruin en bros.
- Haal uit, laat afkoel en breek in stukke.
- Meng al die bestanddele vir die slaai en sit voor met die geroosterde pitabrode.
Rooi Rose
Lees Meer
Blitsige roomys
21/11/2024
Makadamiaskywe
19/11/2024