Bestanddele
- 1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny
- 1 piesang, geskil
- 1 appel, ontkern
- 150 ml klappermelk
- handjie vol ys
- kruisementblare vir versiering
Metode
- Verwerk al die bestanddele in ’n voedselverwerker tot dik en romerig.
- Tooi met die mentblare.