kategorieë: Gesondheid

Troeteldiere en hul tande

“Pas jou troeteldier se tande op vir algehele gesondheid.” Dis die boodskap vir die nasionale Hill’s troeteldiertandheelkunde-maand in September. Dit word aangebied om eienaars van troeteldiere aan te moedig om proaktief te wees oor hul troeteldiere se mondgesondheid, om sodoende tandheelkundige siektes te voorkom.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Tandheelkundige siektes is baie algemeen. Volgens die Amerikaanse Veeartsenykundige Tandheelkundige Vereniging word 80% van troeteldiere geraak as hulle vier jaar oud word. Dit is ernstiger as wat mense dink en kan buiten slegte asem, bloeiende tandvleis, tandverlies en pyn, ook tandheelkundige, sistemiese siektes opdoen wat lewensgevaarlik is.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

“Bakterieë en gifstowwe in ’n besmette mond kan die bloedstroom binnedring en lewensbelangrike organe aantas wat ernstige siektes, insluitende hart- en niersiektes, veroorsaak,” verduidelik dr. Guy Fyvie, veeartsenykundige en raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Probleme begin gewoonlik met die opbou van taai plaak wat verhard en tandsteen vorm. Dit kan lei tot gingivitis – ’n rooi swelling en ontsteking van die tandvleis. As dit nie behandel word nie, kan periodontale siekte ontwikkel wat die tandvleis en weefsel vernietig wat die tande ondersteun.

Tandheelkundige siektes is voorkombaar en jy kan veel meer siektes voorkom as net gaatjies in die tande. Dr. Fyvie dui vyf eenvoudige stappe aan om jou troeteldier se mond gesond te hou:

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }


Beskerm jou troeteldier se mond in 5 stappe

1. Neem jou troeteldier jaarliks na die veearts vir ’n tandheelkundige ondersoek, of wanneer jy enige simptome soos ’n slegte asem, bloeiende tandvleis, verkleurde tande of kwyl waarneem.

2. Borsel hul tande gereeld om plaak te verwyder. Dit word aanbeveel as die “goue standaard” van troeteldier-tandheelkundige sorg. Gebruik ’n troeteldier-tandepasta en ’n sagte tandeborsel. Borsel is nie altyd ’n maklike roetine vir ouer diere om aan te leer nie en dis daarom goed om ’n gereelde tandskoonmaak-roetine op ’n jong ouderdom te begin.

3. Voer jou dier kos wat klinies getoets is om tande skoon te hou terwyl hy of sy eet. Hill’s Prescription Diet t/d en Science Plan Oral Care is die enigste volledige troeteldiervoedsel in Suid-Afrika wat bekroon is met die Veeartsenykundige Mondgesondheidsraad se seël van goedkeuring vir plaak en tandsteen-beheer. Die blokkies bevat ’n gepatenteerde vesel-matriks wat soos ’n eetbare tandeborsel werk en die tande liggies skrop, skoonmaak, plaak verwyder en tandsteen-opbou vermy, terwyl hy of sy eet.

4. Vermy dit om vir hulle taai lekkers en peuselhappies te gee wat kan lei tot ’n vinnige opbou van plaak.

5. Gebruik tand-vriendelike speelgoed en vermy harde bene. Selfs harde Frisbees kan tande beskadig.

Vir nog deskundige raad, gesels met jou veearts of besoek www.hillspet.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Rooi Rose

Onlangse plasings

Skuinskoek

Genoeg vir 8   Bestanddele   625 ml (2½ k) koekmeel 125 ml (½ k)…

1 day Gelede

Vinnige Peppermint Crisp-tert

Mev. Sannie Bosman van Pretoria was in Mei, 2005 ons Teetydtreffer-wenner vir haar lekker vinnige…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Anton Goosen oor die verloop van tyd en sy nuwe musiek

Die Liedjieboer Anton Goosen is terug met ’n storie wat die hart tref. Anton, een…

1 day Gelede

Die beste wenke om jou huis en lewe uit te sorteer

Die voordele wat ontklottering vir ons inhou, word wyd besing. Om te ontklotter beteken nie…

1 day Gelede

9 tekens wat wys jy is dower as wat jy dink

Dink gou oor hierdie vraag: Moet jy mense sien om hulle te kan hoor? Dan…

1 day Gelede

Bak op vuur? ‘Kokkedoor’-wenspan deel hul wenresep

  Dit was die woorde waarmee glanssjef Bertus Basson die deelnemers aan vanjaar se naelbyt-seisoen…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.