kategorieë: Dra dit soMode

Trek jou stoute skoene aan

Dis verbasend hoe jou skoene die vermoë het om met jou uitrusting te toor, maar om gemaklik te voel én stylvol te lyk, is makliker gesê as gedaan. Ons het egter goeie nuus: met 2017 wat op ’n eksotiese noot afgeskop het, kan ’n mens nie anders as om plek te maak vir ’n paar buitengewone tekkies nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Bring die tuin na jou tekkie

Kry ’n “tuin”-voorkoms met ’n paar kleurvolle blompatrone of bring die kind in jou na vore met ’n speelse afdruk vanuit jou gunstelingstrokiesprentboek. Voel jy kreatief? Niks keer jou om hierdie jaar jou verbeelding vrye teuels te gee en jou tekkies as skilderdoek te gebruik nie; gryp daardie verfkwas en spog met jou tekkie, enig in sy soort. Ander gewilde style sluit in geometrie, Afrika-inspirasie en ietsie blink. Bont en besonders – dís die pad om te loop.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Ons is veral versot op die nuwe Toy Story-skoenreeks van Vans wat afdrukke van al die gunstelingkarakters uitbeeld. Ikoniese figure soos Buzz Lightyear en Woody pronk regoor jou skoen wat jou sommer kinderlik opgewonde op enige dag sal laat voel. Verder oortref hierdie skoen jou verbeelding deur die seunskarakter “Andy” se naam in ’n kinderhandskrif op die sool te teken.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }
Deel
Gepubliseer deur
Michelle Nortje

Onlangse plasings

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte

Nare bedmaats: Raad vir stofmyte deur Anet Schoeman. Hooffoto: iStock/fongleon356   As jy volgende keer tussen…

2 hours Gelede

Sensitiwiteit: ’n Gawe of ’n vloek?

Sensitiwiteit is nie ’n swakheid of iets wat reggemaak moet word nie. Dis iets wat…

4 hours Gelede

Bob Martin se virtuele portaal vir troeteldierversorging

Soms is dit moeilik om die ouer van ’n troeteldier te wees, veral wanneer dit…

4 hours Gelede

Wat soek ‘Kokkedoor: Son & See’ se beoordelaars? Sjef Yolani Abrahams vertel

Die passievolle kos-entoesias Yolani Abrahams (32) is saam met Herman Lensing een van die beoordelaars…

7 hours Gelede

Dié ekspo in Pretoria bied iets aan vir die hele familie – Dis Outdoor X tyd

Vanaf 30 Mei tot 1 Junie, vind dié ekspo plaas by Idlewild Country Estate, net…

8 hours Gelede

Slim maniere om minder sout te gebruik

Ons kyk hoej jy, as vernuftige tuissjef, heerlike smake met minder sout kan optower én…

1 day Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.