Die jaar is al amper weer op sy einde en die Transoranje Kersmark lê om die draai.
Dié Kersmark wat vanjaar vir die 20ste jaar aangebied word is die Transoranje Skool vir Dowes se grootste fondsinsameling om aan al die spesiale behoeftes van hul leerders met Doofheid te kan voorsien. Transoranje Skool maak voorsiening vir die onderrig en opvoeding van ongeveer 200 leerders met Doofheid vanaf die ouderdom van 3 jaar oud tot skoolverlating.
Wanneer: 25 Nov – 4 Des 2016
Waar: Transoranje Skoolterrein, Pretoria
Tyd: Daagliks vanaf 09:00
Vir meer inligting, skakel 012-3866072 of besoek die Transoranje-webtuiste