kategorieë: Blogs

TransCapeMTB Dag 7

Dag 7 begin nie goed nie. Ek het die vorige dag net na die eindpunt met vreeslike maagkrampe begin sukkel en ‘n maag wat so opgeblaas is dat dit voel of ek gaan ontplof. Ek hoop net ek kan dit onder beheer kry, want dit sal ‘n reuse teleurstelling wees as ek nou op die vooraand moet onttrek. Die spandokter gee vir my iets vir die maagkrampe, maar ek lê bleekwit in die skadu van ‘n boom langs die Theewaterskloofdam, want hoewel ons tente vir die aand luuks is met fyn linne en geborduurde kussingslope, bak die son dit tot mini bakoondjies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Gelukkig kom ‘n mederyer, Gerry, ‘n internis tot my redding toe hy diagnoseer dat die krampe weens die tonne suiker is wat ek in energiedrankies oor die laaste ses dae gedrink het. Jou maag se reaksie is blykbaar om meer water op te neem en die enigste teenvoeter is om baie water te drink en net proteïne te eet. Gelukkig word ek die volgende oggend wakker sonder maagpyn, maar sonder enige energie vir die laaste skof van 75 km tot op Franschhoek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Dit was toe voorwaar ‘n nagmerrie en hoewel ons deur die mooiste omgewings in Groenlandberg ry, is dit die moeilikste dag vir my en is dit met absolute verligting dat ek by die La Coronne-wynlandgoed in Franschhoek inry.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Sjoe, wat ‘n belewenis. Veel harder as wat ek ooit kon dink, maar die mense wat ek ontmoet het en die tye wat ons gedeel het, het dit iets besonders gemaak!

STAGE 7

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

“Hero”

13 Februarie 2015

Villiersdorp – Franschhoek

Afstand: 75.5 km | Klim: 1 635 m

Kenmerkende klimme: GROENLANDBERG | Franschhoek-pas

Deel
Gepubliseer deur
Anet Schoeman

Onlangse plasings

Twee karakters, een aktrise: Sandi Schultz se mees uitdagende rol tot nou toe

Sandi Schultz verras weer in Diepe Waters (kykNET, DStv kanaal 144), maar dié keer as…

17 hours Gelede

Romerige hoenderlasagne

Deur Vickie de Beer. Foto deur CRPhotographic

19 hours Gelede

Rob Hersov op ‘Laataand by Rian’: “Raak van sosialistiese- en rasgedrewe wetgewing ontslae”

Rob Hersov is vir sommige ’n held, en vir ander ’n omstrede figuur as gevolg…

21 hours Gelede

Schané Fouché: Skoonheid wat straal

Deur Maretha Botes. Foto’s: Hanneri de Wet           Wanneer Schané Fouché (32) haar hare…

22 hours Gelede

Lieflike Lika verjaar! “My ma is die perfekte rolmodel, sy voel vere van wat ander van haar dink”

Deur Maretta Bellingan Foto's, hare en grimering: Willem Botha & Willem Botha Beauty    …

24 hours Gelede

Hoe weet jy jy het nierskade?

Die meeste van ons het twee niere. Elke nier het meer as vyf keer die…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.