Dag 5 eindig in die pragtige Greyton, na 113 km se trap. Dit was gelukkig ‘n veel makliker roete as gister se monster, en almal glimlag weer. Ek moes ongelukkig weens duiseligheid na gister se son en hitte vir die dag uitsit, maar ek kan gelukkig weer môre die wedren hervat. Dit gee my die geleentheid om die wenners te sien jaag vir die wenstreep. Die vroue is weer gedugte teenstand, maar Sharon Laws kom derde met Billy Stelling en Gavin Klerck in eerste en tweede plek.
STAGE 5
“Never-ending River”
11 Februarie 2015
Swellendam – Greyton
Afstand: 113 km | Klim: 1 542 m
Kenmerkende klimme: Nie veel nie …