Ja, Gamka beteken leeu, en hierdie berg het vir ons gebrul. Boonop kry jy die monster op ongeveer 80 km as jou bene en sitvlak kis is. Van die elite ry hom uit, maar die meeste van ons moet die grootste gedeelte van die 14 km uitklouter en jou fiets stoot! Daarna is daar ‘n duiselingwekkende afdraand wat baie mense afstap omdat dit so gevaarlik is. Gelukkig het my vaardigheidslesse by Nicole by PWC Bike Park my eindeloos gebaat en kon ek dit versigtig afry en na byna 10 ure in die saal ons bestemming in Calitzdorp bereik.
So lyk roete 2, afgelaai vanaf die TransCape-webblad:
STAGE 2
“Gamka”
8 Februarie 2015
George – Calitzdorp Spa
Afstand: 121 km | Klim: 2 100 m
Kenmerkende klimme: Montagu-pas | GAMKABERG