kategorieë: Kos

Tradisionele vetkoek

Tradisionele vetkoek

Hierdie resep is maklik en vinnig, nes ons daarvan hou!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Hooffoto: Roman Odintsov vir Pexels

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Geneog vir 10-12.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Bestanddele

  • 500 g meel
  • 10 g (1 pakkie) kitsgis
  • 7 ml (1½ t) sout
  • 400 ml louwarm water
  • olie vir die bakslag

Metode

  1. Gooi die meel en sout in ’n groot mengbak. Strooi die gis oor die meel.
  2. Voeg die water by en meng tot ’n sagte deeg. Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie vir sowat 10 min. tot sag en glad.
  3. Laat rys vir 1½ uur tot dubbel die grootte. Knie die deeg af en rol in ewe groot bolletjies uit. Sit die bolletjies op ’n meelbestrooide bakplaat en laat rys vir nog ’n halfuur.
  4. Verhit die olie in ’n groot, vlakkerige kastrol. Trek die deeg lekker plat en sit een vir een in die warm olie. Druk die vetkoeke vir sowat 15 sek. met ’n gaatjieslepel onder die olie. Keer om en braai tot goudbruin.
  5. Dreineer op kombuispapier. Sit voor met botter en lekker baie stroop of heuning.

Lees ook:

Basiese brooddeeg

Basiese pizzadeeg

Deel
Gepubliseer deur
Nicole Kemp

Onlangse plasings

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Net drie spanne oor ná stormagtige braai-uitdaging

In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…

2 days Gelede

Pak jou somerlinne só weg

Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…

2 days Gelede

Foute wat jy moet vermy wanneer jy jou slimfoon laai

Deur Jade Rhode   As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…

2 days Gelede

Was jou grimeerkwassies só

Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld?  - Tirsa van Staden Lees…

2 days Gelede

‘The Mommy Club’ se Ansu Viljoen: ‘Nie almal is bedoel om in jou binnekring te wees nie’

Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…

2 days Gelede

Suurlemoen-en-klapper-skywe

Resep deur Vickie de Beer

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.