Tradisionele vetkoek
Hierdie resep is maklik en vinnig, nes ons daarvan hou!

Hooffoto: Roman Odintsov vir Pexels
Geneog vir 10-12.
Bestanddele
- 500 g meel
- 10 g (1 pakkie) kitsgis
- 7 ml (1½ t) sout
- 400 ml louwarm water
- olie vir die bakslag
Metode
- Gooi die meel en sout in ’n groot mengbak. Strooi die gis oor die meel.
- Voeg die water by en meng tot ’n sagte deeg. Keer die deeg op ’n meelbestrooide werkvlak uit en knie vir sowat 10 min. tot sag en glad.
- Laat rys vir 1½ uur tot dubbel die grootte. Knie die deeg af en rol in ewe groot bolletjies uit. Sit die bolletjies op ’n meelbestrooide bakplaat en laat rys vir nog ’n halfuur.
- Verhit die olie in ’n groot, vlakkerige kastrol. Trek die deeg lekker plat en sit een vir een in die warm olie. Druk die vetkoeke vir sowat 15 sek. met ’n gaatjieslepel onder die olie. Keer om en braai tot goudbruin.
- Dreineer op kombuispapier. Sit voor met botter en lekker baie stroop of heuning.
Lees ook: