kategorieë: Ons menseBekendes

Tracey Lange vertel ons hoe sy en Avukile Mabombo verloof geraak het

Tracey Lange vertel ons hoe sy verloof geraak het deur Catherine Schenck. Hooffoto: Leana Clunies-Ross

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die borrelende omroeper en TV-aanbieder van kykNET se gewilde programme Tussen Ons en Bravo, Tracey Lange, het vandag goeie nuus op sosiale media gedeel: Sy en haar beminde Avukile Mabombo is verloof! Ons het vir haar ’n paar vrae oor dié spesiale geleentheid gevra.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

1. Waar en wanneer het jy en Avukile mekaar ontmoet?

Ons het mekaar sewe jaar gelede by Tammy-Anne Fortuin se verjaardagete ontmoet.

Ons het onmiddellik gekliek, maar ek is was in daardie stadium nog in ‘n verhouding. Ons het via gemeenskaplike vriende in  kontak gebly, maar ‘n bietjie meer as twee jaar ná ons ontmoeting het ons besluit om dinge meer “amptelik” te maak.

Ek moet wel erken dat hy sy voet dwars gesit het omdat ek dit in daardie tyd geniet het om ‘n losloper te wees. 🙂

Lees ook: Tracey en Avukile is verloof!

2. Vertel ons hoe julle verloof geraak het. Ons wil alles weet!

Hahahaaaa!

Hy het my by die huis gevra om te trou, op die dag wat ons mekaar sewe jaar gelede by ‘n gemeenskaplike vriendin se verjaardagete ontmoet het.

Ek het die Sondagoggend ná kerk by die huis gekom en die hele balkon was vol sonneblomme en die tafel gedek met al my gunsteling-geregte, ook sjampanje en oesters. Hy het ‘n private sjef gehuur om vir ons ontbyt te maak.

Ons het seker ‘n uur en ‘n half buite gesit en kuier totdat hy my in kennis gestel het dat hy nog ‘n geskenk vir my het.

Hy het toe ‘n video, wat hy van ons reise gemaak het en met die liedjie “She” daarop, gespeel en daarna het hy my gevra om te trou.

Tot op daardie oomblik het ek dit nie verwag nie.

3. Vertel ons van jou mooi ring.

Ons het al ‘n hele ruk terug na ringe gekyk, en hy het geweet ek wil nie ‘n platinum / witgoudring of wit diamant hê nie. Ek was eintlik gemaklik met enige steen!

Hy het toe ‘n ring ontwerp wat steeds ‘n diamant het, maar ‘n bietjie meer subtiel is. Hy was mal oor die roosgoud teen my vel en ‘n sjampanjekleurige diamant het gewen met konjak diamante daarom in ‘n halo setting.

Die juwelier het gesê geen man het hulle al soveel moeite besorg nie, hy het hulle blykbaar herwaarts en derwaarts gestuur, want hy was baie seker van hoe hy wou hê die ring moes lyk! Hahahaaa!!

                                                                                                                     

4. Watter aspekte van Avukile waardeer jy die meeste? En wat waardeer hy die meeste van jou?

Sy ongelooflike positiwiteit, hy het Job se geduld, hy sit sy alles in alles wat hy doen. Niks word ooit afgeskeep nie.

Ek wil graag sê dat hy my flou grappies geniet, maar dis ‘n leuen! Hy waardeer dit dat ek hom en die tyd wat hy aan sy werk en projekte bestee, respekteer. Ek verstaan dat hy doelwitte het en ondersteuning is belangriker as enigiets anders in ons verhouding.

Lees ook: Tracey op ’n drafstap

5. Julle twee reis te heerlik saam en het pas teruggekom van die VSA af. Waarheen volgende?

Ons beplan om volgende jaar Miami, New Orleans en Mexiko te verken en hopelik van daar af ook Kuba toe te gaan.

As jy ook van reis hou, loer na hul reisdagboek om te sien waarheen hulle oral rits, en kyk ook na hul oulike Instagram-rekening, @travuldiary!

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Tamatieroomsop met kaasroosterbroodjies

Hierdie lekker resep vir tamatiesop is ideaal vir ’n vinnige aandete in die middel van…

50 mins Gelede

Lekker opskiet eet-ervaring by Vergelegen

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts en Vergelegen Die historiese landgoed, Vergelegen op Somerset-Wes, het…

2 hours Gelede

Vinnige lamskerrie

Vinnige lamskerrie 4 porsies Bestanddele: 1 ui, fyngekap 100 g kerriepasta 1 kg lamsvleis, in…

4 hours Gelede

Kry só jou tuin reg in Julie

Julie: Doen dit in die tuin     1. Snoei rose teen einde Julie of…

4 hours Gelede

Kry weer woema in die winter

As die winter jou vaal en verlep laat voel, is dit tyd vir ’n lekker…

6 hours Gelede

Sagte rogbrood

Bak hierdie lieflike en geurige brood en vul jou huis met die hartverwarmende geur van…

7 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.