kategorieë: Ons menseBekendes

Tracey Lange skuif agter die mikrofoon in by Kfm

Verwerk deur Catherine Schenck. Foto: Johan Wilke

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Kfm het die gewilde TV-persoonlikheid Tracey Lange teruggelok radio toe en sy sal haar nuwe program, Mid-Mornings with Tracey, elke weeksdag tussen 9:00 en 12:00 aanbied.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Lees ook: Tracey Lange se stylgeheime

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

“Ek is mal oor Kfm se wêreldklasbenadering tot die uitsaaiwese, so toe die geleentheid opduik om my stem op ’n oggendprogram by hierdie stasie te laat hoor kon ek dit nie weerstaan nie. Ek sien uit daarna om ’n vars benadering te volg op hierdie program vir werkplekluisteraars,” sê Tracey.

Kfm-staatmaker Ryan O’Connor sal Tracey Lange volg met sy program tussen 12:00 en 15:00 en hy sal die ontbytprogram op Saterdae tussen 07:00 en 10:00 aanbied. Verder sal die Flash Drive met Carl Wastie met een uur verleng word vanaf 15:00 tot 19:00 op weeksdae en laataandaanbieder Andy Maqondwana sal nou ook Sondagoggende saamgesels tussen 07:00 en 10:00.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Vir meer nuus en inligting oor Kfm 95.4, besoek gerus www.kfm.co.za

Het jy geweet? Tracey Lange was ons voorbladgesig in ons Julie 2017-uitgawe. Loer hier agter die skerms met Tracey.

Deel
Gepubliseer deur
Catherine Schenck

Onlangse plasings

Kry katte en honde ook Alzheimersiekte?

Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…

3 days Gelede

Hoe om die kleredragreëls op uitnodigings te verstaan

Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…

3 days Gelede

Is jou kleinding se sintuie oor- of ondersensitief?

Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…

3 days Gelede

Waatlemoen-pizza met gebraaide feta

Die nuwe (en gesonder!) pizza - in slaai-vorm!

3 days Gelede

Bessiejellies

Genoeg vir 6 Bestanddele   625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…

3 days Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Len Muller oor sy passie vir musiek en sy gesin

Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.