My eie modestyl is klassiek, maar met helder kleure en ’n goeie skeut Carrie Bradshaw (van Sex in the City) veral in terme van tekstuur.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
• Vir elke dag in die winter: Gemaklike jeggings of skinny jeans, stewels (ek het meer as 100 pare), ’n trui of warm baadjie met ’n helder serp. Ek is ook gaande oor gemaklike sneakers.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }• In die somer is ek gaande oor rokke in alle kleure en lengtes – lank, kort of midi. Almal werk vir my. Solank daar helder kleure is, is ek okay.
Foto: Corné Greeff
In die aand hou ek van ’n blink bostuk of hemp saam met ’n mooi broek.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Vir ’n rooitapytgeleentheid verkies ek enige aandrok, solank dit nie eenvoudige swart is nie. Ek gee nie om vir swart nie, maar dan moet dit patrone of iets hê.
Alle kleure, maar ek sal begin by groen, geel, oranje, turkoois en pers.
Oral waar ek ’n winskopie sien! Dit help dat ek mal is oor helder kleure, so ek sien maklik iets nuuts en anders raak, iets wat ander nie noodwendig sou raaksien nie. Ek spandeer ’n bietjie meer geld op die basiese items en sal by enige plek van Woolworths tot Etselec Designs klere koop.
Deesdae my bene. As kind en tiener het ek jare lank met ekseem gesukkel en verskriklike letsels gehad. Die letsels is nie meer prominent nie en ek het ook net besluit om my nie meer daaraan te steur nie. So nou is ek tevrede met wat ek het.
Lees ook: Voorkom ’n vel-irritasie
Sterk ooggrimering en die res, natuurlik.
Ek was elke tweede dag my hare, maar blaas dit eintlik nooit self nie. As gevolg van al die stilering vir Bravo! se shoots, verkies ek om op die dae wat ek nie nodig het om my hare te doen nie, dit natuurlik te laat droog word. Dit help dat dit nie oorstilleer word nie en help met die glans. Een keer elke tweede maand laat ek dit kleur – ja, ek is maar net 32 en alreeds lekker grys. Dit pla my nie, maar ek voel dis nog nie heeltemal die tyd om daardie kleur té prominent te dra nie, ek weet my tyd sal kom.
Dra klere waarin jy gemaklik voel. As dit te styf, te los, of enigiets ‘te’ is, sal jy ongemaklik voel en dit sal wys.
Kleur is koning vir Tracey. Hierdie mooi rooi rok is van Jacques LeGrange Couture.
In die 11de episode van Kokkedoor Vuur & Vlam, kykNET se spannende koswerklikheidsreeks, word die…
Die verandering van somer na herfs beteken dat somer-beddegoed deeglik gestoor moet word tot die…
Deur Jade Rhode As jy opgemerk het dat jou foon doodgaan na 'n kort…
Vraag Moet ek my my grimeerkwassies was, en hoe gereeld? - Tirsa van Staden Lees…
Showmax se gewilde werklikheidsreeks, The Mommy Club: Van die Hoofstad bied ’n vars, maar soms…
Hierdie webwerf gebruik koekies.