Tracey Lange se skoonheidsgeheime deur Corné Greeff en Suzanne Kotzé. Hooffoto: Leana Clunies-Ross
TV- en radio-aanbieder Tracey Lange is sprankelend en plat op die aarde. Só is sy ook oor die skoonheidsprodukte wat sy gebruik: sy is nie ingestel op duur handelsmerke nie, maar eerder op dit wat vir haar werk.
Die Suid-Afrikaanse Rooibosreeks, African Extracts, is ’n gunsteling vir haar olierige vel en sy gebruik Vaseline Petroleumjellie as gesigmasker want dit reinig en bevogtig haar vel.
Kyk ook: Agter die skerms met Tracey Lange