kategorieë: ReisOntspanning

Touwsberg Natuurreservaat: plek van rus en stilte

Die Touwsberg Natuurreservaat is tussen Barrydale en Ladismith op die R62 geleë. ’n Absolute Karoo-omgewing met die mooiste fynbos, bome, meer as 160 voëlspesies, groter diere (klipspringers, steenbokkies, duikers, springbokke, koedoes, gemsbokke, swart wildebeeste, rooihartebeeste en kameelperde) en ’n paar predatore (luiperds, rooikatte en jakkalse – mens sien hulle nie baie nie en dit is dus veilig om in die reservaat te gaan stap).

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

Die huisie waarin ons gebly het, is Sangwe. Dit word deur sonkrag bestuur, so geen haardroërs mag gebruik word nie. Hierdie plekkie het sy eie beddegoed en handdoeke. Daar is wel nog huisies wat gehuur kan word – elkeen met hul eie reëls en regulasies. Die een ding wat vir my baie opvallend was, was dat al die huisies rondom die natuur gebou is. Die huisies word rondom die bome, bosse en ander struike gebou sodat dit nie die natuur te veel steur of beskadig nie.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Op Saterdagoggend om 08:00 het Hugo ons by die kantoor gekry vir ’n 4×4-roete. Hy het vir ons die reservaat gaan wys en selfs waar hy as kind saam met sy maats en broers in die veld gaan braai het. Hy het verhale vertel van toe hy jonk was, en hoe hulle in die veld gelewe het. Hy ry graag fiets deur die reservaat en as jy hou van bergfietsry, is hierdie die ideale plek vir jou. Daar is eindelose roetes met die mooiste uitsigte. Terwyl hy deur die natuur ry, stop hy en vertel vir ons meer van die planteryk, pluk ’n paar takkies en kners dit tussen sy vingers. Die parfuum van die natuur!

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Die middag het ons gaan stap – jy kan enige plek in die reservaat gaan stap. Ons is voetlangs verby gemsbokke, kameelperde en koedoes. Die weer was perfek en dit het gevoel soos ’n somersdag in herfs. Die middag was dit tyd vir tee en ’n boek op die stoep. Later was dit skemerkelkies in die “boomhuis” wat die eienaars van Sangwe laat bou het. ’n Klein voetpaadjie vat jou van die huis tot by die boomhuis. Daar kan jy sit en lees, terwyl bokkies verby stap.

Sondag het ons roosterkoekdeeg gemaak en dit saam met ons laat-ontbyt gebraai. ’n Middagslapie was in orde na ons twee staptogte die naweek. Die stilte van die natuur maak dit so maklik om weg te sluimer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Pak dit in vir ’n naweek in Touwsberg

  • Gemaklike klere en skoene
  • Onthou jou tekkies – as jy hou van wandel
  • Tabard vir muskiete
  • Sonroom en sonbril
  • Verkyker
  • Kamera
  • Fietse
  • ’n Lekker boek
  • Swemklere (daar is ’n swembad met ’n pragtige uitkykpunt by Sangwe!)
  • Hout kan by die kantoor kan gekoop word teen R35 ’n sakkie
  • Blitz
  • Daar is ’n gasstoof, maar braai is veel beter – daar is ’n braai onderdak asook een wat meer in die veld geleë is
  • Onthou om jou eie kos, drankies en ys saam te neem.

Kontakbesonderhede

www.touwsberg.co.za

Ingrid – ingrid@touwsberg.co.za

Deel
Gepubliseer deur
Mariette Snyman

Onlangse plasings

Egskeiding hoef jou nie te breek nie: 10 wenke

Egskeiding is nie die einde van die wêreld nie. Jy hoef nie te krepeer nie…

5 hours Gelede

Ken jou wegsleepregte

Ken jou wegsleepregte deur: Anet Schoeman.    Om langs die pad gestrand te wees weens…

5 hours Gelede

Griekse hoender-en-rys-gebak

’n Liplekker aandete - Griekse hoender-en-rys-gebak. Die dis kry broccoli en fetakaas in vir ekstra…

5 hours Gelede

Bekroonde akteur Chumani Pan vertolk rol van prins in ‘Diepe Waters’

kykNET is trots om die terugkeer van die bekroonde akteur Chumani Pan na die kanaal…

5 hours Gelede

Badpret: gee jou baba ’n voorsprong!

Het jy geweet teen die ouderdom van drie is 85% van jou kleinding se brein…

6 hours Gelede

Nuwe tydperkfliek ‘On Swift Horses’ stel die vraag: Wat is liefde?

Deur Margaret Gardiner  Liefde is iets waarna ons soek. Vele goeie boeke, flieks en liedjies…

10 hours Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.