kategorieë: VelsorgSkoonheid

Totsiens velprobleme! AVEENO® is nou in Suid-Afrika

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

AVEENO®, ’n wêreldbekende velsorghandelsmerk wat deur dermatoloë op die proef gestel is, het op 1 Maart 2024 hul nuwe reeks velsorgoplossings propvol hawermout in Suid-Afrika bekendgestel. AVEENO® gebruik die eienskappe van hawermout om ’n sensitiewe vel, ’n probleem waarmee 70% van Suid-Afrikaners volgens ’n onlangse studie stoei, te voed en te versterk.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

Die studie is deur IPSOS in Maart 2022 onderneem en dit noem dat 70% van Suid-Afrikaanse verbruikers met lastige velprobleme sukkel wat met die eienskappe van ’n droë of sensitiewe vel verband hou. Individue, wat deur hierdie kwessies geraak word, ervaar dikwels growwe vel, aanhoudende jeukerigheid, ’n afname in soepelheid, droë kolle, stramheid en velirritasies.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Om hierdie heersende kwessie aan te spreek, het AVEENO® hulle daartoe verbind om wetenskaplike navorsing te kombineer met uitgesoekte bestanddele wat in die natuur gevind is sodat hulle Suid-Afrikaners met voedende velsorgoplossings kan help. Hulle wil seker maak dat selfs die sensitiefste vel gestreel en bevog voel.

Die handelsmerk het drie eiesoortige reekse vir volwassenes en babas bekendgestel om Suid-Afrika se uiteenlopende velsorgbehoeftes aan te spreek.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

AVEENO® Daily Moisturise-reeks bevog normale tot droë vel. Die AVEENO® Skin Relief-reeks verlig baie droë en jeukerige vel. Die Skin Relief Moisturising-room help om jou vel se beskermingslagie te herstel en versterk. Dit verlig ook jeukerige vel binne 60 sekondes. Die AVEENO® Dermexa-reeks help om die vyf algemene tekens te verlig van vel wat tot ekseem geneig is. Dit verbeter vog in die vel, rooiheid, droogheid, skilfers en jeukerigheid. Die velsorgreeks vir babas is spesiaal vir baba se vel geskep en help met velprobleme Dit is spesifiek geformuleer vir normale tot droë velle; baie droë, jeukerige velle en vel wat tot ekseem geneig is.

AVEENO® se unieke en strelende drievoudige hawermoutsamelstelling gebruik die eienskappe van hawermout om sensitiewe vel te voed en te versterk. Hawermout-deeltjies help om rooiheid en jeukerige vel te verminder, terwyl hawermoutolie vog behou; teen vogverlies beskerm en keramiedvervaardiging meebring.

Die handelsmerk het twee verbintenisse: Om doeltreffende verligting deur middel van ’n versigtig uitgesoekte reeks produkte te bied en om Suid-Afrika se eerste en beste fotografiese reeks vir velprobleme te skep wat vir alle veltipes geskik is. “Inligting oor velsorg wat maklik is om te verstaan en relevant vir Suid-Afrikaners is, is skaars. Ons is ook nie gemaklik genoeg in ons velle om velprobleme te bespreek nie. AVEENO® is hier om dit alles te verander,” sê Edna Mohale-Maphita, die hoof van bemarking by Kenvue SSA**. Die reeks se In my vel-veldtog, beliggaam die gees van self-aanvaarding en trots. Dit vier individualiteit en diverse stories. Die handelsmerk nooi elke Suid-Afrikaner om velle te koester wat gesond lyk, mooi en divers is.

Oor AVEENO®

AVEENO®, ’n wêreldbekende handelsmerk wat deur dermatoloë op die proef gestel is, het die mag van die wetenskap agter hawermout ontsluit om ’n gesonde, mooi vel te verseker. AVEENO® is daartoe verbind om ’n deurbraak te maak met ’n produk waarvan die formules uit nuwe en bestaande bestanddele bestaan – baie wat klinies bewese resultate lewer. Hulle verbind hulle verder tot inklusiwiteit en help om verligting vir jou vel te bied. AVEENO® se doel is om velprobleme te hanteer en die visuele narratief van velsorg te herdefinieer met hul velsorgreeks in Suid-Afrika. Die produk is landwyd by Dischem- en Clicks-winkels beskikbaar. Die AVEENO®-babareeks sal ook by sekere Checkers-winkels beskikbaar wees.

Lees ook: Velsorg en oefening

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

Geroosterde pampoenskywe met tiemie-en-parmesaan-granola

Granola is deesdae nie net meer vir ontbyt bedoel nie. Hierdie krakerige kombinasie van sade…

2 days Gelede

‘The Mommy Club: Van die Hoofstad’: Ontmoet die glansryke vroue van die splinternuwe werklikheidsreeks

Showmax het pas die amptelike lokprent vir The Mommy Club: Van die Hoofstad, vrygestel. Dis…

2 days Gelede

Appel-peer-en-karamel-tert

Genoeg vir 8       Bestanddele   Tertdeeg 375 g koekmeel  2,5 ml (½…

2 days Gelede

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Klein vissies kelder een span en laat ’n ander span juig!

In die derde episode van kykNET se skitterende Kokkedoor Vuur & Vlam-reeks moes die deelnemers…

2 days Gelede

Suid-Afrika skitter by Louvre Abu Dhabi

Deur Maryke Roberts. Foto's: Maryke Roberst en verskaf/Departement Kultuur en Toerisme, Abu Dhabi    …

2 days Gelede

Hoe om brandrissie-olie te maak

Brandrissies is nie in almal se smaak nie en nie almal se palet hou van…

3 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.