1 kg bees-sopvleis soos borsstuk (brisket) of skenkels
1 ui, ruweg gekap
2 knoffelhuisies, gekneus
3 wortels, geskil en ruweg gekap
2 selderystingels, ruweg gekap
2 preie, gewas en in ringe gesny
½ koolkop, dun gesny
30 ml (2 e) tamatiepasta
2 x 410 g-blikke heel tamaties
2 liter water
1 lourierblaar
sout en gemaalde swartpeper
2 x 410 g-blikke borlottibone, gedreineer
2 x 410 g-blikke cannellinibone, gedreineer
’n groot hand vol baba-spinasieblare
100 g pancetta (dik stukke spek) in stukkies gesny
Parmesaan-croutons
Sowat 2 koppies
1 ciabattabrood, in stukke gebreek
45 ml (3 e) olyfolie
125 ml (½ k) gerasperde parmesaankaas
'n klein bossie gekapte pietersielie
gerasperde skil van 1 suurlemoen
Instructions
Verhit die olie in ’n swaarboomkastrol en braai die beesvleis daarin tot goudbruin.
Voeg die ui, knoffel, wortel, seldery, prei en kool by en braai vir ’n rukkie.
Voeg die tamatiepasta, heel tamatie en water by. Die groente en vleis moet bedek wees met water, so afhangende van die grootte van jou kastrol, gaan jy dalk nog water moet byvoeg.
Geur met die lourierblaar en sout (nie te veel nie).
Voeg die borlotti- en cannellinibone by. Verlaag die hitte en laat prut vir 2 uur.
Verhit intussen 'n braaipan en braai die spekstukkies daarin tot bros. Dreineer op kombuispapier en hou eenkant.
Voeg die spinasie en spekstukkies by die sop en sit voor met die oondgeroosterde parmesaan-croutons
Parmesaan-croutons
Voorverhit die oond tot 200 °C.
Sit die ciabattastukke in ’n oondpan en sprinkel die olyfolie daaroor. Meng die olie met jou hande deur die brood.
Rooster vir 10 -15 min. tot goudbruin.
Voeg die parmesaan, pietersielie en suurlemoenskil by en meng goed. Sit met die Toskaanse bonesop voor.