Vulsel: Laag 1
1. Meng 125 g roomkaas, 300 g gerasperde mozzarella en 125 ml basiliekruidpesto.
Laag 2
2. Maak ’n 410 g-blik Mexikaans gegeurde tamaties oop en meng 300 g kleiner gesnyde tamaties daardeur.
Maak so
3. Skeur ’n groot stuk foelie af (waarop die lae gepak gaan word). Los genoeg spasie sodat die foelie oor die broodjie gevou kan word.
4. Skep ’n laag van die tamatiemengsel op ’n tortilla. Sit ’n ander tortilla bo-op neer.
5. Smeer met die roomkaasmengsel. Herhaal die lae tot al die bestanddele gebruik is.
6. Eindig met ’n tortilla.
7. Vou die foelie toe en braai vir 30 min. oor matige kole, of tot die kaas gesmelt is.
Opdiening
8. Sit voor met ’n hand vol vars koljander- en kruisementblare.