rooi rose se kosredakteur, Vickie de Beer, het in 2005 met Topsi en ’n paar ander inspirerende kosvroue oor hul kos-inspirasies gesels. Hier is die uittreksel oor Topsi plus een van haar lekkerste resepte. Vir die res van die artikel met die ander inspirerende kosvroue, klik hier.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }
Topsi se passie vir ons land se kos inspireer almal wat haar vandag nog voor die kospotte sien staan. Daar is al na haar as die grande dame van Suid-Afrikaanse kookkuns verwys, en soos Jacqueline Leuvennink in rooi rose geskryf het: “Topsi se kos is soos sy: onverskrokke, veelkantig en nooit, ooit vervelig nie.”
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }
Topsi onthou haar kinderdae as ’n bevoorregte tyd, en haar ma wat van elke maaltyd ’n fees gemaak het, bly haar vandag nog by.
'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }Sy sê op eie bodem het mense soos Sannie Smit, Marty Klinzman en Annette Kesler haar deur die jare in haar kookkuns gelei, en verder, oor die water, was dit Elizabeth David en Robert Carrier. Toe kom Renate Coetzee met C. Louis Leipoldt onder die arm, en toe voel sy nóú ervaar sy waarlik eers ons kos. Die eerste restaurant in Kaapstad (Hatfield House) het sy met Alice Walters van Chez Panisse in haar voorskootsak begin. Vandag beïnvloed kosskrywers soos Maggie Beer en Joan Campbell van Australië haar, maar sy gaan elke keer terug na haar groot liefde: Louis Leipoldt. En dít is waar sy wil bly.
Genoeg vir 6-8
• 1 kg mosselvleis, koop gehalveerde mossels, of mossels wat uit die dop verwyder is
• 1 dik sny (± 3 cm) witbrood, korsies afgesny
• 250 ml (1 k) melk
• 60 g (4 e) botter
• 2 groot uie, dun skywe gesny
• 15 ml (1 e) kerriepoeier
• 1 middelslagbrandrissie, pitte verwyder en fyn gekap
• 5 cm vars gemmer, in dun repies gesny
• 125 ml (1/2 k) gebleikte sultanas
• 60 ml (1/4 k) gevlokte amandels
• gemaalde swartpeper
• 1 hand vol pietersielie, gekap
• 60 ml (1/4 k) blatjang
• 2 lourierblare, gekneus
• sap van ’n halwe suurlemoen
• 5 ml (1 t) kerriepoeier
Voorverhit die oond tot 180 ºC.
1 Berei ’n oondvaste bak met ’n inhoudsmaat van 1,5-2 liter of 6 bakkies met ’n inhoudsmaat van ±300 ml.
2 Sny die mossels in baie klein stukkies. Week die brood vir 30 min. in die melk. Druk die melk uit die brood en hou die brood en die melk afsonderlik eenkant.
3 Smelt die botter en soteer die uie daarin tot sag.
4 Roer die kerriepoeier, gemmer, brandrissie, sultanas, amandels, swartpeper volgens smaak, pietersielie en blatjang by die uie en meng goed. Voeg die lourierblare, suurlemoensap en witbrood by en roer goed deur.
5 Roer die mosselvleis by die kerriemengsel. Skep in ’n oondbak of individuele bakkies. Bak vir 20 min.
6 Klits 3 eiers saam met die melk waarin die brood geweek het. Geur met sout en peper en 5 ml (1 t) kerriepoeier. Giet die eier en melk oor die bobotie en druk lourierblare in vir garnering. Bak vir nog 15 min. of tot die eiermengsel gestol is.
7 Sit voor saam met bruinrys en sambals.
Kan my kat of hond ook Alzheimersiekte kry? Dis wat jy moet weet oor "canine…
Sodra jy dink jy het al die voorskrifte onder die knie, hoor jy daar is…
Het jy geweet jou baba of peuter moet letterlik leer om sintuiglike inligting te filtreer…
Genoeg vir 6 Bestanddele 625 ml (2½ k) tee-en-vrugtesap 30 ml (2 e) gelatienpoeier…
Buiten vir sy uitsonderlike talent as musikant en liedjieskrywer, is Len Muller ook bekend as…
Hierdie webwerf gebruik koekies.