kategorieë: Ontspanning

Top terroirs in Suid-Afrikaanse wynlande vereer

Deur Maryke Roberts. Foto’s: Clifford Roberts

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-1'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-6'); }); document.write(''); }

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-2'); }); document.write(''); }

Terroir is die basis waarvolgens die natuurlike elemente soos grond, topografie en klimaat kombineer, om verskillende unieke geure en karakters in wyne verbou uit dieselfde ligging te lewer.

'); googletag.cmd.push(function() { googletag.display('dfp-300x250-3'); }); document.write(''); }

Goeie wyn word eerste in die wingerd gemaak en daarom is hierdie kompetisie vir baie wynmakers van kardinale belang.

Al die nasionale wen-wyne van al die verskillende wynkultivars en -style uit meer as 18 terreine in die wynlande vandeesweek by ‘n spoggeleentheid by die Lanzerac Hotel en Spa op Stellenbosch aangekondig.

Die spyskaart vir die dag is deur die span by Lanzerac Hotel en Spa se luukse Manor Kitchen-restaurant deur Stephen Fraser en sy span berei.
Die dag se voorgereg was geposjeerde seebass met tamatie, witboon ragout en ‘n roomsop.
Hoofgereg was lamsvleis met geroosterde wortelpuree, aartappel fondant en blomkool met kaas.
Nagereg was warm sjokolade poeding met aromatiese peer, tonkaboon-roomys en kakao-stukkies.

Die top wyn uit al die inskrywings is die Springfontein Single Vineyard Jonathan’s Ridge Pinotage 2018 uit die Springfontein Rim-wyk naby Stanford, wat sodoende die 2024 SA Terroir Trofee vir die Top Wyn ingepalm het.

Pinotage is natuurlik ‘n eg Suid-Afrikaanse kultivar wat vandag in verskeie wynterreine floreer. Hierdie kultivar het 100 jaar gelede ontstaan.

Beide die SA Terroir Trofee vir die Top Landgoed en die Top Terroir Produsent is vanjaar aan Lourensford Landgoed in Somerset-Wes toegeken. Dié landgoed het die nasionale wenwyne vir Cap Classique, Merlot en Petit Sirah ingeskryf, wat ‘n groot rol in die aanwysing van die twee top trofeë gespeel het.

Gaste is met die 10-jaar-oue Lourensford Cap Classique verwelkom. Die landgoed het met die trofee as Top Landgoed en die Top Terroir Produsent weggestap.
Beide die SA Terroir Trofee vir die Top Landgoed en die Top Terroir Produsent is vanjaar aan Lourensford Landgoed in Somerset-Wes toegeken. Dié landgoed het die nasionale wenwyne vir Cap Classique, Merlot en Petit Sirah ingeskryf, wat ‘n groot rol in die aanwysing van die twee top trofeë gespeel het. more

Enkelkultivar-wyne vorm ‘n belangrike deel van hierdie kompetisie, met die kleiner volume wyne waarvan al die druiwe uit een wingerd kom. Die 2024 SA Terroir Trofee vir die Top Enkelwingerdwyn is deur die La Vierge Apogée Pinot Noir 2022 verower. La Vierge is ‘n privaatkelder in die Upper Hemel-en-Aarde wyk van die Walker Bay-distrik naby Hermanus.

Die 2024 SA Terroir Trofee vir die Top Area is toegeken aan die Theewater-wyk in die Overberg distrik, te danke aan Eerste Hoop Wynkelder naby Villiersdorp. Hierdie kelder het die nasionale wenners vir Chardonnay en Rooi Versnit ingeskryf, terwyl vyf van hul ander wyne ook as die top wyne in die Overberg-distrik aangewys is.

Nuwe wyke in groot distrikte het vanjaar weer na vore getree, insluitend die Agter-Paarl-wyk wat onlangs as eiesoortige wynterrein in die Paarl-distrik deur die Wyn-en-Spiritusraad afgebaken is. Die nasionale wenner van Chenin Blanc kom uit dié wyk, naamlik die Windmeul Chenin Blanc Reserve 2022.

‘n Raar Spaanse witwyn-kultivar, Albariño, het vanjaar vir die eerste keer in hierdie gesogte kompetisie met hoë punte uitgestaan om as ‘n nasionale wenner van hierdie kultivar aangewys te word. Dit is die Bellingham The Bernard Series Single Vineyard Albariño 2023.

Die Erfenis-wingerde – wat wingerde van 35 jaar en ouer insluit – het drie wenners opgelewer. Die Beste Witwyn was die 2022 Koelenhof Stellenbosch 1679 Bushvine Chenin Blanc, terwyl die Beste Rooiwyn as die 2023 Piekenierskloof Carel van Zyl Old Vine Grenache Noir aangewys is. ‘n “Ou wingerd” se edellaatoeswyn is ook vanjaar vir die eerste keer as ‘n wenner aangewys, naamlik die 2024 Neethlingshof Short Story Collection Maria NLH.

Alecia Boshoff van Piekenierskloof wys trots die Piekenierskloof Carel van Zyl Old Vine Grenache Noir 2023 wat as die Beste Rooiwyn onder die Erfenis-wingerde aangewys is.

Slegs wyne wat by die Wyn-en-Spiritusraad gesertifiseer is as wyn van oorsprong van ‘n spesifieke wyk, ‘n distrik wat nie in meer as een wyk verdeel is nie, ‘n landgoed-geproduseerde wyn en enkelwingerdwyn mag aan die terroir-kompetisie deelneem.

Christo Basson van Nuy wynkelder, Jean Nel van Cederberg Kelder en Margaux Nel van Boplaas Landgoed. Die Nuy White Muscadel 2013; Cederberg Cabernet Sauvignon 2021 en Boplaas Colheita Cape Tawny 2007 was almal nasionale wenners. more
Denzel Swarts van Zoetendal Vineyards met Dawrian Salies en Glen Witbooi een van die borge, SA Litho. Die Zoetendal Limited Release Sauvignon Blanc (gehout) 2023 was een van die nasionale wenners.

Christo Pienaar, Voorsitter van SA Terroir Wyntoekennings het gesê: “Net soos atlete meeding in spesifieke afdelings soos versrping, hekkies of langafstande, skryf wynmakers hul wyne in spesifieke afdelings in, soos Chardonnay en Shiraz. Atlete probeer rekords breek; wynmakers probeer om nuwe standaarde in wyn te stel. Soos die Olimpiese Spele menslike oorwinnings vier, eer wynkompetisies die talent van die wynmaker.”

Benewens die trofeë en nasionale wenwyne, word die top wyne in die verskillende gebiede ook aangewys. Hoogtepunte van die toekenningsgeleentheid word op Saterdag 7 September op die TV program Ontbytsake gebeeldsend.

Boplaas Colheita Cape Tawny 2007 was een van die nasionale wenners en was die ideale drankie ná die heerlike maaltyd.

Die SA Terroir Wyntoekennings word aangebied in samewerking met die finansiële vennote SA Litho en WinField United SA, met die OntbytSAKE-program op KykNET as mediavennoot.

Vanjaar se beoordelaars was Conrad Louw, gereelde lektor by die Kaapse Wynakademie en Kaapse Wynmeester (voorsitter); Elunda Basson, keldermeester van Steenberg; Brendan Butler (wynmaker en bestuurder by Meinert Wines en Kaapse Wynmeester; Anton Swarts, senior wynmaker by Spier en Kaapse Wynmeester, en Janine van Zyl, ‘n gekwalifiseerde sommelier en tans besig met haar Kaapse Wynmeester-studies. Conrad het vertel al die beoordelaars al die wyne geproe het – ‘n rariteit in wynkompetisies aangesien daar gewoonlik panele vir spesifieke kultivars is. “Elke wyn het tyd en die nodige respek gekry en al die wyne was uitstekend en het ‘n eie uniekheid en plek van herkoms getoon.”

Al die trofeewenners van die dag, is van links saam met Christo Pienaar (Voorsitter van SA Terroir Wyntoekennings) is, Lawrie Moore en Susan Wessels (Eerste Hoop landgoed, met die Top Area Trofee – Theewaterskloof wyk); Emil Weber (Springfontein Wynlandgoed – Top Wyn Trofee); Christo Kotzé (La Vierge Wyne – Top Enkelwingerd wyn); Timothy Witbooi – Lourensford Landgoed – Top Landgoed Trofee en Hannes Nel – Lourensford Landgoed – Trofee Beste Produsent en Bennie Howard (ondervoorsitter SA Terroir-toekennings).

Die nasionale wenners is Bellingham The Bernard Series Motherblock Single Vineyard  Albariño 2023; Blake’s Single Vineyard Malbec 2023; Bon Courage André’s Fame Colombard 2024; Boplaas Colheita Cape Tawny 2007; Cederberg Cabernet Sauvignon 2021; De Krans Touriga Naçional 2023; Eerste Hoop Chardonnay (gehout) 2023; Eerste Hoop Lady Brigitte 2022; Flagstone Treaty Tree Sauvignon Blanc/Sémillon (gehout) 2023; Ghost Corner David Nieuwoudt Sémillon (gehout) 2023; Jakkalsvlei Pinotage Rosé 2024; Koelenhof Stellenbosch 1679 Bushvine Chenin Blanc 2022; Kranskop Single Vineyard Tannat 2022; La Vierge Apogée Pinot Noir 2022; Le Bonheur Petit Verdot Reserve 2022; Lourensford Cuvée Brut Zero 124 2011; Lourensford Kleipot Petit Sirah 2020; Lourensford Limited Release Merlot 2022; Mariëtte Pinot Blanc (gehout) 2022; Nabygelegen Scaramanga Verdelho 2023; Neethlingshof Estate Gewürztraminer 2024; Neethlingshof Short Story Collection Maria NLH 2024; Nuy White Muscadel 2013; Piekenierskloof Carel van Zyl Old Vine Grenache Noir 2023; Rietvallei JMB Cabernet Franc 2019; Saronsberg Shiraz 2021; Saronsberg Viognier (gehout) 2022; Slanghoek Private Selection Crème de Chenin 2023; Springfontein Single Vineyard Jonathan’s Ridge Pinotage 2018; Springfontein Terroir Selection Chenel (gehout) 2022; Villa Esposto Muscat D’Alexandrie Straw Wine 2023; Villion Grenache Noir 2022; Vrede en Lust Early Mist Riesling 2023; Welbedacht Bakleiblok Cinsault 2023; Windmeul Chenin Blanc Reserve (gehout) 2022 en Zoetendal Limited Release Sauvignon Blanc (gehout) 2023.

Lees ook: Heerlike wyn-etes vier sjef en wynmaker se talente

Deel
Gepubliseer deur
Karlien Meiring

Onlangse plasings

10 redes waarom jy die September-uitgawe van rooi rose móét lees!

  Melinda hou aan groei    Die aktrise Melinda Viljoen het die afgelope paar…

1 day Gelede

Vyf-vinnige-vrae-Vrydag met Jacques Bessenger oor ‘Een keer om die son’ se lesse

Jacques Bessenger is vanjaar as beste manlike byspeler in ’n TV-drama (vir Hartklop) en beste…

1 day Gelede

Waarom dit nodig is om saam met ‘n werwingsagentskap in Suid-Afrika te werk vir besigheidsgroei

In die hedendaagse vinnig veranderende sakewêreld, staan Suid-Afrikaanse maatskappye voor toenemende druk om mededingend, buigsaam…

1 day Gelede

‘Diepe waters’ se Gys en Zelda: Ou liefde roes nie

Gys “Ek wil by jou wees, maar ons moet mekaar vergewe vir die verlede. Kom…

2 days Gelede

Die beste gebraaide broodjies denkbaar!

Jy het brooddeeg vir die resep nodig, maar as dit tyd knap is, kan jy…

2 days Gelede

Gluten- en eiervrye sjokoladekoekies

Bestanddele   125 ml (½ k) sagte botter 125 ml (½ k) suiker 110 ml…

2 days Gelede

Hierdie webwerf gebruik koekies.