Tonikumaanwending is ’n absoluut noodsaaklike stap in enige ernstige velsorgprogram. Die werking en voordele van ’n tonikum (verfrisser) is nie aldag so bekend nie. Jou vel het ’n deursigtige lagie op die oppervlak, die hidrolipidiese film, wat uit vog en sebum (die vel se natuurlike olies) bestaan en pH-sensitief is. Sodra die pH uit balans is – reinigers, water, daaglikse blootstelling aan die elemente en lugversorging is die groot sondaars – is die vel kwesbaar vir vrye-radikale en die tekens van voortydige veroudering sal weldra sigbaar wees.
“As jou vel styf voel nadat jy jou gesig gewas het, kan dit ook daarop dui dat jou pH-balans nie reg is nie. Die enigste produk wat dan jou pH kan balanseer, is ’n verfrisser. Dit help ook dat jou serum en vogroom beter geabsorbeer word,” verduidelik David White, handelsmerk-en opleiding- bestuurder van Givenchy.
Ons sê probeer gerus een van hierdie:
POND’S age miracle Cell ReGEN Toner, Givenchy Tone it Tender Lotion, simple KIND TO SKIN soothing Facial Toner, Neutrogena Alcohol Free Toner.